Premier van Kwazulu-Natal blameer blanke verdrukkers vir geweld

Die premier van Kwazulu-Natal, S'bu Ndebele, het gister in 'n kwalik bedekte verwysing na blankes gesê dat die onderdrukkers van swartmense vir die etniese geweld teen buitelanders verantwoordelik is.

Volgens hom is dit die onderdrukkers wat mens wysmaak dat Mosambiekers die vyande van swart Suid-Afrikaners is. Hy het hom uitgespreek teen swart verdeeldheid wat insgelyks aan die onderdrukkers toe te skryf is.

Ndebele wou weet waarom net swart mense van Afrika-state as buitelanders gesien word en nie ook wit Engelse, Duitsers of Portugese nie.

Geen buitelander behoort op 'n bus te klim om die land te verlaat nie, het hy verder gesê.

песок для пескоструялобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae