Volgens inspekteur Hein van Heerden is 'n Standardbank-OTM naby die Motor City-sentrum opgeblaas.
'n Veiligheidswag het drie mans voor die OTM gesien staan. Enkele minute later het die mans weggestap en het die kitsbank ontplof.
Dieselfde groepie mans het daarna teruggekeer, in die beskadigde OTM-hokkie ingegaan en 'n onbekende bedrag geld van die beskadigde kitsbank geneem.
Omliggende geboue is insgelyks deur die ontploffing beskadig, hoewel nie ernstig nie. Niemand is egter beseer nie.
Dit was die derde ontploffing vandag by 'n kitsbank in die provinsie. Soortgelyke rooftogte het vanoggend by Orange Farm en in Atteridgeville plaasgevind.
