Eskom waarsku kragkrisis nog lank nie verby

ImageDie hoof van Eskom, Jacob Maroga, het gister tydens 'n parlementêre sessie gewaarsku dat Suid-Afrika se kragprobleme nog lank nie verby is nie.

Volgens hom verkeer die land nog steeds in 'n noodtoestand wat elektrisiteit betref. Dit gaan tyd en baie optrede verg om op te los.

Eskom beplan om R1,2 triljoen van nou af tot 2025 te bestee, waarby 'n belegging van R343 miljard oor die volgende vyf jaar ingesluit is.

Die gemiddelde steenkoolvoorraad by kragsentrales is tans 17,4 dae.

cluedo gametopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae