Zimbabwe stuur busse na Suid-Afrika

Die regering van Zimbabwe het 10 busse en vragmotors na Suid-Afrika gestuur om Zimbabwiërs huistoe te neem wat die land na die onlangse etniese aanvalle wil verlaat.

Die land se ambassadeur in Suid-Afrika, Simon Khaya Moyo het vandag dié aankondiging gemaak. Hy het ook gesê dat Zimbabwiërs wat terugkeer grond van die regering sal ontvang wat van blanke plaasboere afgevat is.

Daar word beraam dat ongeveer 30 000 immigrante uit die res van Afrika reeds landuit gevlug het sedert die aanvalle op hulle begin het,  meesal Mosambiekers maar ook Zimbabwiërs en Malawiërs.

Dit verteenwoordig egter 'n breukdeel van die getal onwettige immigrante in die land wat tussen 7 en 15 miljoen kan wees.

парусные яхты купитьАлександр Фильчаков