SAUK-raad verwerp petisie deur sewe van sy lede

Die SAUK-raad het gister die petisie van sewe van sy lede wat vra dat dit moet bedank, verwerp.

Volgens die voorsitter, Khanyasile Mkhonza, is die petisie kwaadwillig, verdelend en bedoel om die integriteit en gesag van die

raad te ondermyn, asook om die geloofwaardigheid van die organisasie te benadeel.

Mkonza het gevra dat die raad se gesag eerbiedig behoort te word. Sy het ook beklemtoon dat die raad verenig was in sy beluite en nie so verdeeld as wat dit in die media voorgestel word nie.

строительство бани фотоФильчаков прокурор харьков

Beurtkrag nog moontlik, s? Eskom

Image Eskom het aangekondig dat beurtkrag steeds moontlik is maar dié winter net in 'n noodgeval gebruik sal word.

Die nutsmaatskappy het sy kragstasies se steenkoolvoorrade aangevul en voorsien nie onmiddelike kapasiteitsprobleme nie.

Die publiek word egter genooi om dieselfde beurkragroosters as wat in April gebruik is, te raadpleeg ingeval dit weer nodig word.

Eskom gaan ook van sy gasturbines gebruik maak om elekrisiteitsproduksie waar nodig aan te vul.

картины из шпаклевкиДанильченко Харьков

Druk op ANC LP’s indien Hlope skuldig bevind word

ANC-parlematariërs sal onder geweldige druk kom om die Kaapse regterpresident John Hlope te verwyder indien die regterlike dienskommissie hom skuldig sou bevind.

Dit is die mening van Steven Friedman, die politieke ontleder en navorsingsgenoot by die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika.

Hlope word tans daarvan beskuldig dat hy die regters van die Grondwethof onbehoorlik wou beïnvloed in die saak wat Jacob Zuma en die Skerpioene betrek.

Volgens die grondwet, kan slegs 'n tweederdemeerderheid van die parlement 'n regter afdank, dus sal die meeste ANC-lede daarvoor moet stem.

для кабинетаФильчаков Александр Васильевич

Ses stakers geskiet en gewond aan die Oosrand

Twee stakende munisipale werkers is gister gewond toe die metropolisie van die Oosrand op hulle en vier ander losgebrand het. Dit het gevolg na gevegte tussen veiligheidspersoneel en die stakers.

Volgens kaptein Mack Mngomezulu van die polisie het 300 werkers buite die Boksburg-munisipaliteit betoog toe die polisie op hulle geskiet het. Twee mense is in die bene gewond en agterna hospitaal toe geneem vir behandeling.

Twee klagtes van poging tot moord is gelê.

In 'n ander voorval by die Kemptonparkse burgersentrum is privaatveiligheidsbeamptes wat as Rooimiere bekendstaan met klippe gegooi. Die Rooimiere het met ligte hael op hulle geskiet en vier mense is gewond en hospitaal toe geneem.

детямФільчаков Олександр Васильович прокурор

Hofsaak oor video-opnames van dronk regter

Die Pretoriase Hooggeregshof het gister uitspraak voorbehou in 'n aansoek deur regter Nkola John Motata wat die staat wil verhoed om vyf inkriminerende video- en klankopnames van hom te gebruik.

Die opnames is in Januarie verlede jaar gemaak toe regter Motata, wat na bewering dronk was, 'n motorongeluk gemaak het. Hy het met sy Jaguar in die muur van 'n huis in Hurlingham, Johannesburg ingery.

Die opnames is deur die eienaar van die eiendom, sakeman Richard Baird, op 'n I-mate-selfoon gemaak wat blykbaar nou gebreek is.

Motata se advokaat wil nie hê dat die opnames teen die regter as getuienis toegelaat word nie, weens 'n gebrek aan oorspronklikheid en egtheid.

internet casinoФільчаков прокурор

142 mense aangekla weens geweld teen buitelanders

Ongeveer 142 hofsake wat met geweld teen buitelanders verbind word, is tot dusver landwyd geopen, het die Nasionale Vervolgingsgesag gister verklaar.

Volgens die woordvoerder Tlali Tlali is 102 van dié sake in die Gautengprovinsie.

In dié provinsie alleen is 600 mense in hegtenis geneem weens geweld teen vreemdelinge wat omtrent drie weke gelede begin het, volgens direkteur Govindsamy Mariemuthoo.

In die Weskaap het ongeveer 400 mense al in die hof verskyn. Tlali is onseker oor die arrestasies en vonnisse. Klagtes wat gelê is, was vir diefstal, inbraak, moord, poging tot moord en brandstigting.

комплектующие к насосу тайфун 2м купитьАлександр Фильчаков

Vrystaatse boere ontstoke oor grondonteieningswet

15:50:43 Die Vryheidsfront Plus het gister beswaar gemaak teen die swak organisasie van 'n openbare verhoor oor grontonteiening op Bethlehem in die Vrystaat.

Honderde boere het egter opgeruk om teen die nuwe wet beswaar te maak teenoor die parlementêre portefeuljekomitee.

Mnr. Louw Steytler van Vrystaat Landbou het hom teen enige vorm van inmenging in die mark uitgespreek omdat dit verreikende gevolge vir voedselsekerheid in die land sal hê.

Steytler het verder gesê dat die saak eers na die Grondwethof verwys behoort te word. Die voorgestelde wet verleen wye magte aan die owerheid om te onteien en beperk die inspraak van die howe sover dit die billikheid daarvan betref.

Van die boere het 900 skriftelike besware teen die voorgestelde wet aan regeringsverteenwoordigers oorhandig.

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat is ontstoke oor "die uiters swak reëlings met die verhore van die Nasionale Portefeulje Komitee vir Openbare Werke wat vandag en more in die Vrystaat plaasvind oor die voorgenome Onteieningswet.  Die verhore wat vandag en more onderskeidelik te Bethlehem-stadsaal en Fase 2, (Plakkersgebied) Grasland, Bloemfontein plaasvind, is uiters swak gereël. Die Vryheidsfront Plus het eers  Vrydagmiddag laat kennis ontvang van die verhore.  Die plek of adres waar die verhoor te Fase 2, Grasland sal plaasvind kan tot nou toe nog nie vasgestel word nie.  Een kennisgewing toon aan dat die verhore om 09:00 sal plaasvind, ander dui weer 10:00 en 11:00 aan en op die kennisgewing wat Vrydag ontvang is, word geen tyd aangetoon nie.  Die hele organisering van die betrokke verhore getuig van een groot chaos.  Die Vryheidsfront Plus het in die lig daarvan besluit om sy insette oor die Onteieningswet direk by die Parlement in te dien."

Die Vryheidsfront Plus beskou verder die voorgenome Onteieningswet as drakonies en totaal onaanvaarbaar.  Die nuwe Onteieningswet wat moontlik nog in hierdie jaar deur die Parlement gevoer sal word, hou ‘n groot gevaar vir grondeienaars in.  Hierdie Wet hou nie net groot gevaar in vir die landbou nie, maar ook vir residensiële eiendomme, kommersiële eiendomme en selfs losgoed.

Die Minister van Openbare Werke kry totale bevoegdheid oor onteiening.  Die Minister besluit alleen oor wat onteien moet word en bepaal ook die waarde van die eiendom wat onteien word.  Die eienaar kan ook nie meer, soos in die verlede, hom/haar tot die hof wend oor die vergoedingsbedrag vir die eiendom nie.  Die voorgestelde wet bepaal dat, waar dit in openbare belang is, onteiening kan plaasvind.  Die regering sien ook swart ekonomiese bemagtiging, transformasie en regstellende aksie as in openbare belang.

уличные светильники встраиваемые в грунтФильчаков прокурор харькова

42 beseer in Durbanse busongeluk

Meer as 40 mense is vanmore beseer toe 'n bus op die N3-snelweg omgeslaan het.

Volgens 'n woordvoerder van Netcare, Chris Botha, is een persoon baie ernstig beseer terwyl 12 ander ernstig beseer is en 29 ligte beserings opgedoen het.

Dis nog nie duidelik presies waarom die SA Roadlink-bus die pad byster geraak het en oor die middelman gery het om teen aankomende verkeer te bots nie.

Die Durbanse brandweer moes die baie ernstig beseerde passasier met meganiese kake uit die wrak bevry.

kong onlineлобановский класс

Hef aan l? voor, s? onderwysministers

Image08:54:16 Suid-Afrika se nege onderwysministers het in 'n luuksehotel in Kaapstad byeengekom en bevind dat veel meer gedoen sal moet word voordat almal gehalte-onderwys sal geniet.

Die raad van onderwysministers het herbeklemtoon dat alle skole, onderwysers en leerlinge moet sorg dat hulle genoegsaam op eksamens voorberei is.

Terwyl daar verwys is na ondersteuning vir skole, het die vergadering ook saamgestem dat leerlinge teksboeke vir elke vak moet hê, voorbeeldeksamenvraestelle moet deurwerk en elke dag klasse vir die volgende vyf maande moet bywoon.

Volgens die raad van onderwysministers is daar geen klaskamers sonder onderwysers nie, behalwe waar skole poog om wiskunde- en wetenskaponderwysers te lok.

online casino slotsФильчаков Харьков

Elf verhooragwagtendes ontsnap in Johannesburg

08:49:01 Elf verhoorafafwagtende gevangenes het uit aanhouding ontsnap, het die polisie van Gauteng gister verklaar. Volgens direkteur Govindsamy Mariemuthoo het die gevangenes Sondagaand om kwart voor elf ontsnap.

Die verdagtes is aangehou vir 'n verskeidenheid oortredings, waaronder roof en moord.

Een van hulle is egter intussen aangekeer terwyl die ander tien steeds op vrye voet verkeer.

'n Polisieman is insgelyks in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy die gevangenes gehelp het om te ontsnap. 'n Saak van korrupsie word ook ondersoek.

опции для подъемниковАлександр Фильчаков Васильевич

Sangomas sprinkel moetie na padongelukke

08:37:39 Verlede naweek het 'n aantal sangomas byeengekom vir 'n reinigingseremonie om ongelukke op die pad tussen Tzaneen en Morutji te stuit.

Oor die afgelope twee maande het agt mense op dié pad gesterf.

As deel van die ritueel het die tradisionele geneeshere voorvadergeeste opgeroep en moetie op die betrokke pad en onder 'n brug gesprinkel.

Die burgemeester van Tzaneen, raadslid Theo Ramatsoma, het die seremonie bygewoon en motoriste gevra om ook veilig te bestuur.

Volgens 'n plaaslike sangoma is die pad egter nou veilig vir sowel motoriste as voetgangers.

автомойку высокогоФільчаков прокурор

Politieke partye vra dat Hlope bedank

Die leier van die Demokratiese Party, Helen Zille, eis dat regter John Hlope moet bedank.

Sy gaan vra dat die Regterlike Dienskommissie se voorsitter, hoofregter Pius Langa, die ondersoek na regter Hlope moet verhaas.

Die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, het ook gesê dat indien bewerings oor Hlope waar is, hy afgedank behoort te word.

Vrydag het die Grondwethof 'n verklaring uitgereik dat 'n klag by die Regterlike Dienskommissie gelê gaan word omdat Hlope die Grondwethof se oordeel op 'n onbehoorlike manier probeer beïnvloed het.

сколько носят брекетыФільчаков Олександр Васильович

Suid-Afrikaanse huispryse neem af in re?le terme

Terwyl huispryse vanjaar nominaal met vyf tot ses persent gaan styg, sal dit beteken dat daar 'n daling van 4,5 persent in reele terme sal plaasvind. So sê die land se grootste bank wat huislenings betref, ABSA.

Dit sal die eerste keer sedert 1999 wees dat daar geen reële groei in huispryse plaasvind nie.

Volgens die bank gaan verbruikersinflasie onder opwaartse druk bly en verkeer dit tans bokant tien persent weens die internasionale olieprys, asook stygings in voedselpryse.

Volgens Jacques du Toit, 'n senior eiendomsekonoom by ABSA, sal rentekoerse nog aanstaande jaar hoog bly om inflasie te bekamp, waarna hulle in 2010 verminder behoort te word.

для хамаматопкарго

ANC-regering poog om kampspanninge te ontlont

Die ANC-regering gaan met Suid-Afrikaners in omliggende dele naby kampe vir vreemdelinge onderhandel om spanning te onlont.

Van die plaaslike inwoners in Corlett Gardens, Johannesburg en Country View, Midrand, is ongelukkig oor die ongeveer 3000 buitelanders wat tans in hul omgewings in kampe gehuisves word.

'n Woordvoerder van die Gauteng-provinsie, Thabo Masebe, het gesê dat dit om 'n noodtoestand gaan en dat hulle met die ongelukkiges sal beraadslaag om hulle gerus te stel.

Vandag sal daar ook 1000 buitelanders van die Germistonse stadsaal na 'n plek naby die Randse lughawe verskuif word, het Masebe gesê.

99spravokАлександр Фильчаков