ANC-regering poog om kampspanninge te ontlont

Die ANC-regering gaan met Suid-Afrikaners in omliggende dele naby kampe vir vreemdelinge onderhandel om spanning te onlont.

Van die plaaslike inwoners in Corlett Gardens, Johannesburg en Country View, Midrand, is ongelukkig oor die ongeveer 3000 buitelanders wat tans in hul omgewings in kampe gehuisves word.

'n Woordvoerder van die Gauteng-provinsie, Thabo Masebe, het gesê dat dit om 'n noodtoestand gaan en dat hulle met die ongelukkiges sal beraadslaag om hulle gerus te stel.

Vandag sal daar ook 1000 buitelanders van die Germistonse stadsaal na 'n plek naby die Randse lughawe verskuif word, het Masebe gesê.

99spravokАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae