Dit sal die eerste keer sedert 1999 wees dat daar geen reële groei in huispryse plaasvind nie.
Volgens die bank gaan verbruikersinflasie onder opwaartse druk bly en verkeer dit tans bokant tien persent weens die internasionale olieprys, asook stygings in voedselpryse.
Volgens Jacques du Toit, 'n senior eiendomsekonoom by ABSA, sal rentekoerse nog aanstaande jaar hoog bly om inflasie te bekamp, waarna hulle in 2010 verminder behoort te word.
