Sangomas sprinkel moetie na padongelukke

08:37:39 Verlede naweek het 'n aantal sangomas byeengekom vir 'n reinigingseremonie om ongelukke op die pad tussen Tzaneen en Morutji te stuit.

Oor die afgelope twee maande het agt mense op dié pad gesterf.

As deel van die ritueel het die tradisionele geneeshere voorvadergeeste opgeroep en moetie op die betrokke pad en onder 'n brug gesprinkel.

Die burgemeester van Tzaneen, raadslid Theo Ramatsoma, het die seremonie bygewoon en motoriste gevra om ook veilig te bestuur.

Volgens 'n plaaslike sangoma is die pad egter nou veilig vir sowel motoriste as voetgangers.

автомойку высокогоФільчаков прокурор