Die opnames is in Januarie verlede jaar gemaak toe regter Motata, wat na bewering dronk was, 'n motorongeluk gemaak het. Hy het met sy Jaguar in die muur van 'n huis in Hurlingham, Johannesburg ingery.
Die opnames is deur die eienaar van die eiendom, sakeman Richard Baird, op 'n I-mate-selfoon gemaak wat blykbaar nou gebreek is.
Motata se advokaat wil nie hê dat die opnames teen die regter as getuienis toegelaat word nie, weens 'n gebrek aan oorspronklikheid en egtheid.
