Volgens 'n woordvoerder van Netcare, Chris Botha, is een persoon baie ernstig beseer terwyl 12 ander ernstig beseer is en 29 ligte beserings opgedoen het.
Dis nog nie duidelik presies waarom die SA Roadlink-bus die pad byster geraak het en oor die middelman gery het om teen aankomende verkeer te bots nie.
Die Durbanse brandweer moes die baie ernstig beseerde passasier met meganiese kake uit die wrak bevry.
