Volgens kaptein Mack Mngomezulu van die polisie het 300 werkers buite die Boksburg-munisipaliteit betoog toe die polisie op hulle geskiet het. Twee mense is in die bene gewond en agterna hospitaal toe geneem vir behandeling.
Twee klagtes van poging tot moord is gelê.
In 'n ander voorval by die Kemptonparkse burgersentrum is privaatveiligheidsbeamptes wat as Rooimiere bekendstaan met klippe gegooi. Die Rooimiere het met ligte hael op hulle geskiet en vier mense is gewond en hospitaal toe geneem.
