Vandag is dit presies 19 jaar gelede dat die pro-demokrasiebetogings op Tiananmenplein in Beijing plaasgevind het. Die betoging is agterna bloedig deur die Volksbevrydingsweermag met tenks onderdruk.
Human Rights Watch het ook vir China gevra om 'n volledige lys van al diegene wat gedood, beseer of gevange geneem is te verskaf, aangesien geen sodanige lys tot dusver beskikbaar gestel is nie. Ten minste 130 mense wat 19 jaar gelede gevange geneem is weens die betoging, verkeer steeds in die tronk.
