Twee ANC-lede deel buit van R1 miljard-kontrak

Volgens die Mail & Guardian, is die voorsitter van die ANC se beleggingsmaatskappy Chancellor House, Taole Mokoene en Thutukile Skweyiya, die vrou van Zola Skweyiya, die vernaamste aandeelhouers in ‘n maatskappy waaraan ‘n kontrak van R1 miljard toegeken is om transformators aan Eskom te verskaf. Die twee sal die buit verdeel van ‘n sewejaarkontrak met Continental Africa Power Supplies.

 

Dié nuus kom op dieselfde tydstip dat Suid-Afrikaners ‘n netelige elekrisiteitskrisis moet trotseer. Continental Africa Power Supplies word 60% deur Mokoena en Skweyiya beheer.

напряжение генератора при нагрузкеФильчаков прокуратура харьков

Jeug sal vir Zuma se onthalwe moor

ImageDie leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê dat die jeug van Suid-Afrika bereid is om te sterf ter ondersteuning van Jacob Zuma. Hy het gesê hulle is bereid om die wapen op te neem en dood te maak vir Zuma. Die toespraak is tydens 'n Jeugdagsaamtrek by Taba Nchu gehou.

 

Malema het voorts gesê dat daar geen kwessie is oor die feit dat Zuma die land se volgende president gaan wees nie en het die vergadering gewaarsku dat diegene wat nie hiermee saamstem nie die party moet verlaat.

Die skare het vir hom hande geklap en gelag toe hy klaar was.

купитьФильчаков прокурор харькова

Kameroense diplomaat vir spoed gevang

Agtien mense is vir spoed gevang op die N1 suid tussen die Allandale- en New Road-afritte, het die polisie gister bekendgemaak.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar het gesê dat hulle 'n 43-jarige man insluit wat teen 'n spoed van 233 kilomter per uur in 'n BMW X5 gevang is.

'n Kameroense diplomaat is ook op kamera betrap teen 'n spoed van 200 kilometer per uur. Die diplomaat het versuim om sy Audi A3 te stop en het met 'n metropolisievangwa gebots.

Albei mans is in hegtenis geneem en op borg teen R1000 elk vrygelaat.

Hulle sal môre in die Midrandse landdroshof verskyn.

торшеры интернет магазинФильчаков прокурор

SAUK-tweespalt duur voort

Image

Dali Mpofu

Die konflik tussen die SAUK-raad en sy geskorste hoofuitvoerendebeampte, Dali Mpofu, gaan steeds voort.

Volgens Mpofu sal die korporasie se raad die hele personeelskors indien indien dit die geleentheid kry.

Mpofu het gereageer op Kanyisiwe Mkhonza, die voorsitter van die SAUK-raad, wat verlede Donderdag Mpofu se derde agtereenvolgende skorsing bevestig het. Mkhonza het egter ontken dat nog sewe senior bestuurders geskors is wat 'n petisie onderteken het waarin die raad se bedanking geëis word.

Die aanhoudende rusie tussen die raad en Mpofu word veroorsaak deur die raad se steun vir Snuki Zikalala, die geskorste besturende direkteur van nuus. Zikalala staan sy skorsing teen in 'n saak wat vandeesweek voor die Kommisie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie aangehoor word.

раскрутка сайтадепутат лобановский

Eskom kyk na die kernopsie

ImageSuid-Afrika se kernkragbeleid is deur die kabinet goedgekeur om die ernstige elektrisiteitskrisis in die land te verlig, het 'n senior regeringswoordvoerder gister gesê.

Eskom, wat die kernkragsentrale by Koeberg bedryf, wil oor die volgende vyf jaar R350 miljard besteen en het nuwe aanbiedinge vir 'n kernkragsentrale aangevra.

Die oogmerk is om die gebruik van kernenergie te verhoog ten einde die primêre energiebronne te diversifiseer.

So 'n kernkragbeleid sal Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkoolopgewekte elektrisiteit verminder wat skadelike kweekhuisgasse veroorsaak.

Eskom steun hoofsaaklike op steenkoolkragsentrales om in 95% van die land se elektrisiteitsbehoeftes te voorsien.

Die beleid sal die bestuur van radioaktiewe afval en uraanmyne dek ten einde 'n veilige toevoer te verseker.

алазанская долина вино купитьФильчаков прокурор

Tenderprosedures oortree deur binnelandse sakedepartement

Tenderprosedures is oortree toe kontrakte van miljarde rande aan vier maatskappye toegeken is om die departement van binnelandse sake se identifikasiestelsels te moderniseer.

Die Hoofuitvoerendebeampte van die staatsinligtingstegnologie-agentskap, Llewellyn Jones, het die Nasionale Vergaderding se portefeuljekomitee oor binnelandse sake Dinsdag ingelig dat die kontrakte ten bedrae van R3,4 miljard aan vier IT-maatskappye sonder behoorlike prosedure toegeken is.

LP's het die minister vir staatsdiens en administrasie, Geraldine Frase-Moleketi twee weke gelede oor die kwessie uitgevra en wou verhoed dat die staatsinligtingstegnologie-agentskap voor die komitee verskyn.

Die minister van binnelandse sake Nosiviwe Mapisa-Nqakula het die ouditeur-generaal Terrence Mombebe gevra om alle prosesse rondom die toekenning van die IT-kontrakte te ondersoek.

слюнявчики для детей купитьЛобановский

Wildreservaat se grensdrade verwyder

ImageDie Natal Mercury berig dat een van die bekendste wildreservate in Kwazulu-Natal se grensdrade tans verwyder word met 2000 mense wat in die reservaat kom bly het en stukke grond vir boerdery skoongemaak het.

Die LUR vir landbou en omgewingsake in die provinsie, Mtholophi Mthimkhulu is gevra om dringend in te gryp nadat meer as 11 kilometer se grensdrade – met 'n vervangingskoste van R800 000 – vernietig is.

Die Ndumo-reservaat van 10 000 hektaar is in 1924 geproklameer en is onderwerp aan 'n uitgerekte reeks grondeise oor die afgelope dekade wat geëindig het in 'n seremonie vroeër vanjaar toe gemeenskapsbesit van die wildtuin amptelik erken is – maar onderworpe aan die voorwaarde dat dit 'n wildtuin sou bly en dat geen fisieke vestiging op die grond sou plaasvind nie.

treasures of egypttopcargo отзывы сотрудников

Grootse Comrades-marathon Sondag aan die kom

ImageEerskomende Sondag gaan 11 140 hardlopers die moordende 87 kilometer vanaf Durban na Pietermaritzburg tydens die jaarlikse Comrades-marathon aanpak.

Mooi sonnige weer word voorspel vir die 83ste marathon wat Sondag plaasvind. Verkeersowerhede verwag omtrent 2000 voertuie per uur vandag op die pad na Natal soos wat deelnemers, toeskouers en vakansiegangers vir die langnaweek aankom.

Navorsing gedurende die 2007 Comrades het aangetoon dat die gebeurtenis ongeveer R173 miljoen aan inkomste vir die provinsie verseker.

водопроводные насосные станциилобановский депутат

ANC-leier in die Weskaap met mes gesteek

Die sekretaris van die ANC in die Weskaap, Mcebisi Skwatsha, is gister in die nek met 'n mes gesteek tydens 'n vergadering in die Boland, het die ANC in 'n verklaring gesê.

Die ANC se nasionale woordvoerder Jessie Duarte het gesê dat Skwatsha in die hospitaal opgeneem is en dat sy verdere inligting oor sy toestand afwag.

Die vergadering is gehou na 'n besluit deur die Weskaapse ANC om die Bolandstreek te skors. Die Weskaapse polisie het bevestig dat 'n man in verband met die voorval in hegtenis geneem is.

Duarte het dit verwelkom en gesê dat daar geen plek in die ANC vir sulke gedrag was nie en geen plek in die ANC vir mense wat sulke dade pleeg nie.

аэраторпрокурор Фильчаков

Polisie vorder geensins in Durbanse moorde vanuit voertuie nie

Gister is die broer van 'n Durbanse taxibestuurder geskiet terwyl die polisie erken het dat hulle geen vordering maak in die reeks van ten minste 15 gevalle van skietery uit voertuie in een voorstad waarin 16 mense dood en 14 beseer is oor die afgelope drie jaar nie.

Polisiewoordvoerder Phindile Radebe het gesê dat daar geen arrestasies in enige van die skietvoorvalle uit voertuie gemaak is nie omdat mense nie met enige inligting na vore gekom het nie.

Die jongste voorval het Woensdagaand in Chatsworth plaasgevind. Chatsworth se polisiewoordvoerder kaptein Edmund Singg sê die polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord. Volgens hom is niemand nog in hegtenis geneem nie.

play casino slots online for freeФильчаков прокурор харькова

Rentekoersverhoging gekritiseer deur vakbonde

Die Reserwebank se besluit om gister rentekoerse met vyftig basispunte te verhoog, is deur die aandelemark verwelkom maar veral deur vakbonde gekritiseer.

Die finansiële vakbond Sasbo wat by Cosatu geaffilieer is, het die verhoging as futiel beskryf en gesê dit sou nie petrol en voedselprysinflasie bekamp nie.

Volgens Shaun Oeschig, die algemene sekretaris van Sasbo, is die huidige hoë inflasievlakke grootliks aan buitefaktore toe te skryf wat buite die Reserwebank se beheer is.

Die vakbond Solidariteit het insgelyks die rentekoersverhoging as 'n groot fout beskryf wat toon dat Tito Mboweni uit voeling met die Suid-Afrikaanse werklikheid verkeer.

современные потолочные светильникиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Tsvangirai weereens vrygelaat

ImageDie polisie in Zimbabwe het die opposisieleier Morgan Tsvangirai vrygelaat nadat hy weer gister in hegtenis geneem is terwyl hy besig was met sy verkiesingsveldtog vir die presidensiële uitklopverkiesing op 27 Junie, het sy woordvoerder bekendgemaak.

Tsvangirai is nie aangekla nie maar aangehou by Gweru-polisiestasie vir omtrent drie ure, het Tsvangirai se woordvoerder George Sibotshiwe gesê wat self tussen diegene was wat saam met Tsvangirai aangekeer is.

Volgens hom is voertuie van die Beweging vir Demokratiese Verandering deursoek. Hy het dit as blote teistering beskryf en dat hulle vandag hul verkiesingsveldtog sal voortsit.

Tsvangirai is tydens 'n periode van net langer as 'n week reeds vier keer aangehou.

пневмогайковертЛобановский Харьков

MDC word gedruk om Mugabe-presidentskap te aanvaar

Volgens die Londense koerant The Guardian, word Zimbabwe se opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, tans aan intense druk onderwerp deur ander Afrikaleiers om Robert Mugabe toe te laat om as president aan te bly.

President Thabo Mbeki van Suid-Afrika neem die voortou om Morgan Tsvangirai oor te haal om nog 'n termyn van Mugabe se bewind te aanvaar. Ander name in die veldtog wat deur die koerant genoem word, is oud-president Kenneth Kaunda van Zambië en die Zimabwiese oud-minister van finansies, Simba Makoni.

Soos vroeër berig is, word die sogenaamde Keniaanse model van gesamentlike regering deur opposisie en die heersende party wat op tradisionele begrippe van stamharmonie gebaseer is, gesien as die oplossing vir die konflik in Zimbabwe.

Nog 'n aspek van die Afrikapolitiek wat deur die huidige scenario in Zimabwe na vore gebring word, is dat die gebruik van geweld gewoonlik die legitimiteit van enige politieke groepering or party verhoog. Soos wat Zanu PF hom meer en meer tot geweld wend, verhoog die party se politieke prestige by Afrikaleiers, veral by president Thabo Mbeki wat blykbaar beslis is dat Mugabe as president behoort aan te bly.

пасты для пломбирования корневых каналовлобановский александр игоревич

Vrystaatse ondernemings ontvang munisipale dagvaardings

Volgens 'n prokureur wat 'n distriksmunisipaliteit naby Welkom in die Vrystaat verteenwoordig, André Podielski, word dertien duisend ondernemings in die provinsie tans gedagvaar vir onbetaalde staats- en munisipale heffings op hul besighede.

Die ondernemings sluit boere, prokureurs, dokters, slagters, supermarkte en ingenieursfirmas in.

Podbielski het gesê dat ondernemings wat nou geteiken word, óf opgehou het om die vorige streeksraadheffings te betaal óf nooit daarvoor geregistreer het nie.

Ongeregistreerde ondernemings sal R100 000 moet betaal, maar ander moet bedrae oor R400 000 betaal. Al diegene wat met R400 000 of meer belas word, word in die Bloemfonteinse Hooggeregshof gedagvaar met die kleiner skulde wat na landdroshowe verwys word.

Die leier van die DA in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het die rekeninge wat uitgestuur word as belaglik beskryf en die bedrae as verregaande, wat baie mense kwaad maak.

play kong onlineданильченко юрий брониславович прокурор