Kameroense diplomaat vir spoed gevang

Agtien mense is vir spoed gevang op die N1 suid tussen die Allandale- en New Road-afritte, het die polisie gister bekendgemaak.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar het gesê dat hulle 'n 43-jarige man insluit wat teen 'n spoed van 233 kilomter per uur in 'n BMW X5 gevang is.

'n Kameroense diplomaat is ook op kamera betrap teen 'n spoed van 200 kilometer per uur. Die diplomaat het versuim om sy Audi A3 te stop en het met 'n metropolisievangwa gebots.

Albei mans is in hegtenis geneem en op borg teen R1000 elk vrygelaat.

Hulle sal môre in die Midrandse landdroshof verskyn.

торшеры интернет магазинФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae