Opblaaspoppe, winkelpoppe en honde wat soos kinders aangetrek word, is al deur bestuurders in die passasierstoel sitgemaak om die gebruik van verkeersbane wat vir voertuie met drie passasiers bedoel is, te regverdig.
Daar is 'n paar eienaardige kalante wat sulke toertjies uithaal, volgens wat die North Shore-munisipaliteit se verkeershoof Andre Dannhauser aan Reuters vertel.
Sulke ondernemende bestuurders wat gevang word dat hulle die verkeersreëls probeer herinterpreteer, word gewoonlik beboet met NZ$150.
Die verkeerspersoneel wat die foto's van oortreders bestudeer, moet boonop na die vreemdste verklarings vir die fnuikpassasiers luister.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.