Gebruikte kernbrandstof gaan herwin word

ImageDie Suid-Afrikaanse regering wil hoogs radioaktiewe gebruikte uraanbrandstof herwin.

Die brandstof het deur die land se drie kernreaktors gegaan.

Die direkteur van kernveiligheid by die departement van mineraal- en energiesake, Schalk de Waal, het erken dat daar kommer by die Verenigde State oor kernverwerking heers.

Die VSA hou vol dat 'n bom van plutonium, een van die herwinde elemente, gemaak kan word.

Met die wêreldenergiekrisis het die VSA egter sy standpunte verander.

Volgens De Waal  kan 95% van die brandstof weer gebruik word.

расширительный бак системылобановский александр фото

Mdladlana s? hy is geen rassis nie

Image

Mdladlana

Die minister van arbeid Mdladlana het homself in die parlement verdedig teen aanklagte dat hy 'n rassis is.

Hy het vroeër gesê dat die Sjinese moet onthou dat hulle nou kleurlinge is en kleurlinge praat nie Sjinees nie. Hy het ook gesê dat Sjinese werkgewers geen verskoning het om langer hul werkers te mishandel nie.

Anchen Dreyer van die DA het gesê dat Sjinese mense wat na dié land gekom het, vaardighede, ondernemerskap en 'n werketiek gebring het. Sy het die minister 'n rassis genoem.

Mdladlana het in antwoord gesê dat rassisme na Suid-Afrika gekom het in drie bote, die Dromedaris, Reijger en ander, met verwysing na Jan van Riebeeck.

Intussen het die Sjinese vereniging van Suid-Afrika gister gesê dat Mdladlana se opmerkings oor die Suid-Afrikaanse Sjinese ongegrond, irrasioneel en onjuis is.

chat gamesДанильченко Харьков

Metropolisie begin staak in Johannesburg

Die hele metropolisiediens van Johannesburg het begin staak om protes teen nepotisme, baantjies vir boetes en onbillike arbeidspraktyke aan te teken.

Meer as 500 lede het gister binne die metropolisiehoofkwartier in Eloffstraatuitbreiding betoog.

Metrolede wat nie uniform dra nie en by die lisensieafdeling in Johannesburg werk, neem ook aan die staking deel. Openbare diens sal vandag daaronder ly, het Vincent Vena, vakbondorganiseerder van SAMWU, gesê.
 
'n Woordvoerder vir die metropolisie, Wayne Minnaar, het ontken dat verkeerspolisie staak. Hy sê hulle wou net 'n vergadering oor salarisse hou.
 
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moes op Metropolisie losbrand met rubberkoeëls om hulle te keer om die verkeer in Johannesburg wat hulle in die M2-gebied heeltemal tot stilstand gedwing het, verder te ontwrig.
 
Die Metropolisie het die SAPD se skote met lewendige ammunisie beantwoord. Duisende beangste motoriste was gister op en naby die Koningin Elisabeth-brug vasgekeer en kon nie vorentoe of agtertoe nie.
 
 
 
 

продажа зарядных устройствtopcargo

DA s? Zuma nie geskik vir presidentskap

Die DA se parlementêre leier, Sandra Botha, sê dat Zuma se gebrek aan optrede teen Malema en Vavi aantoon dat hy heeltemil ongeskik is om as die beskermheer van ons demokrasie en die belange van alle Suid-Afrikaners op te tree.

Sy het gereageer op pogings deur Zuma se regspan om sy korrupsieverhoor as ongeldig te laat verklaar.

Botha het gister gesê dat 'n klag van aanhitsing tot die pleeg van misdaad gister teen Cosatu se Zwelinzima Vavi gelê is.

Vavi het die uitspraak van die ANC-jeugligapresident Julius Malema dat hy namens Zuma sal doodmaak, beaam.

люстры италия брендыДанильченко Юрий отзывы

Massabyeenkoms by Loftus vir Mandela

Die ANC is druk besig om 'n massabyeenkoms te organiseer vir die 2de Augustus ter viering van Mandela se negentigste verjaarsdag.

Die party sê die byeenkoms is deel van verskeie gebeurtenisse wat ter ere van Mandela gehou word hierdie jaar.

Fikile Mbalula, voorsitter van die reëlingskommittee, sê dat 'n negentigste verjaarsdag besonder belangwekkend is en daarom vir 'n spesiale geleentheid vra.

Hy het gesê Mandela is die ANC. Die groot ikoon sal egter nie tuis wees nie maar in Londen vir sy geboortedagherdenking.

Die 2de Augustus se saamtrek sal te Loftus Versfeld in Pretoria gehou word.

slots online for freeЛобановский

Vavi twee weke gegee om sy verklaring terug te trek

Zwelinzima Vavi is 14 dae deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gegee om sy verklaring om vir Zuma dood te maak, terug te trek.

Image

Zwelinzima Vavi

Indien Vavi in gebreke sou bly om sy verklaring terug te trek, kan die kommissie hom dagvaar om daarvoor te verskyn.

Vavi se verklaring is Vrydag gemaak by die begrafnis van die visepresident van die Polisie- en gevangenisseburgerregte-unie, Pretty Shuping.

Die kommissie meen dat Vavi se verklaring weens die onaanvaarbare hoë vlakke van misdaad en geweld in die land nie in isolasie beskou kan word nie.

легоtopcargo отзывы

Naspers druk Zim-verkiesingsmateriaal

Die voorsitter van Naspers  gaan deur sy media- en drukkery-afdelings versoek word om steun te verleen aan ʼn petisie wat versoek dat inkomste

Image

Voorsitter Vosloo

verkry uit werk vir die Zimbabwe-regering,  vir liefdadigheid in die buurland gegee word.

Drukwerk met die oog op die verkiesing in Zimbabwe  is deur die drukkery-afdeling van Naspers gedoen. Verskeie koerante van die groep het vandag verslag gedoen oor die drukwerk. 

Die petisie aan voorsitter Ton Vosloo sê koerante van die groep het in die verlede sterk standpunt ingeneem teen organisasies wat op enige wyse steun aan Robert Mugabe gegee het.  Die opstellers van die petisie sê hulle het ook kritiek teen die wyse waarop die Suid-Afrikaanse regering die situasie in Zimbabwe hanteer het.

logo for euroФильчаков Александр Васильевич

Eiendomsagent in skouhuis geskiet

Die Burger berig dat Rosemarie Vosloo, 'n eiendomsagent van Pam Golding, gesterf het nadat sy Sondag vier keer geskiet is terwyl sy kliënte by 'n skouhuis ingewag het.

Vosloo het gister aan haar beserings beswyk.

'n Kollega was op die toneel nie lank na Vosloo geskiet is nie.
Vosloo was in erge pyn en het gevrees dat die aanvaller haar kinders sou agternasit en hulle ook sou skiet.

Die eienaar van die huis is steeds geweldig geskok.

Pam Golding wou nie op die moord kommentaar lewer nie.светодиодные торшерыОлександр Васильович Фільчаков

Dooie sones in die see kan eko-ineenstorting veroorsaak

Die Wêreldnatuurlewefonds het gister gewaarsku dat dooie sones in die see, wat oor geen suurstof beskik nie, kan veroorsaak dat ekostelsels ineenstort.

In die Baltiese see kan dooie sones 'n totale ineenstorting van die ekostelsel in sy geheel veroorsaak indien sulke sones sou versprei.

Stikstof en fosfor wat hoofsaaklik van landbou afkomstig is, vloei in die see en dien as kunsmis wat sodoende plantegroei verhoog.

As al die oortollige alge na die bodem van die see sink, verrot dit en gebruik al die beskikbare suurstof op.

Die proses word eutrofikasie genoem en die aantal sulke dooie sones het vanaf 44 in 1995 tot 169 tans gestyg.

купить джинсы на подростка мальчикаданильченко юрий брониславович прокурор

Tsvangirai ontken dat hy in Nederlandse ambassade skuil

Morgan Tsvangirai het hom tot die Nederlandse ambassade in Harare vir skuiling gewend.

Nietemin ontken Tsvangirai se woordvoerder, George Sibotshiwe, dat die leier van die MDC in die ambassade skuil, en beweer dat sulke berigte vals is.

Die Nederlandse sending het egter bevestig dat Tsvangirai tydelik in die ambassade van Nederland in Harare tuisgaan.

Die ambassade kon nie sê hoe lank Tsvangirai daar gaan bly nie.

Intussen het oproepe om 'n regering van nasionale eenheid in Zimbabwe gister op dowe ore geval en is deur sowel Zanu-PF as die MDC geïgnoreer.

светильник в спальнюАлександр Фильчаков Васильевич

Holomisa vra vir hernude ondersoek na wapentransaksie

ImageBantu Holomisa vra dat daar 'n einde kom aan die struikelblokke wat in die weg Duitse en Britse owerhede geplaas word in 'n ondersoek na die wapentransaksie.

Hy sê hy is bekommerd oor berigte dat Justisieminister Brigitte Mabandla die saak verder laat sloer.

Die Duitse regering het na bewering hul verhoor oor die ThyssenKrupp-transaskie laat vaar as gevolg van Mabandla se inmenging.

Die UDM-leier het aan die ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe geskryf om hom te vra om Mabandla te keer om die NV se ondersoek te kortwiek.

Holomisa het ook 'n beroep op Mantashe gedoen om die wapentransaksie-ondersoek op die sakelys gedurende die ANC se nasionale werksvergadering vandeesweek te plaas.

poker machines freeФільчаков Олександр Васильович

Skwatsha-aanvallers uit ANC geskors

Twee lede wat voorheen na bewering vir Mcebisi Skwatsha, die Weskaapse provinsiale sekretaris van die ANC, aangeval het, is gister na 'n dissiplinêre verhoor uit die party geskors.

Die twee mans, Ndikho Tyawana en Sicelo Mvunyiswa het nie die verhoor bygewoon wat gister by die party se provinsiale kantoor in die Kaapstadse middestad gehou is nie.

Vroeër in die dag is Tyawana op borgtog van R1000 vrygelaat toe hy in die landdroshof op Worcester verskyn het op 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Na bewering het hy Skwatsha twee weke gelede tydens 'n partyvergadering in dié Bolandse dorp met 'n mes in die nek en rug gesteek.

italiasvet.ruДанильченко Юрий Брониславович компромат

Bafana Bafana ‘kort ‘n wonderwerk’

Image

Foto: Michi Beck

Die voormalige breier van die nasionale sokkerspan, Carlos Queiroz, sê die span het 'n wonderwerk voor die 2010-wêreldbeker nodig.

Hy sê dit is tragies om te sien hoe Bafana Bafana die grap van die internasionale sokkerwêreld geword het.

Queiroz sê dit is pateties wanneer mense Suid-Afrika se oorwinning oor die ongerekende Ekwitoriaal-Guinee vier.

Queiroz, wat Sir Alex Ferguson se hulpafrigter by Manchester United is, sê die behoorlike strukture ontbreek.

Hy sê Bafana Bafana het 'n wonderwerk nodig anders gaan hulle verneder word tydens die 2010-wêreldbeker.

дитячи велосипедиданильченко юрій броніславович

Zuma vra dat bedrogklagtes teruggetrek word

Image

Jacob Zuma

Die ANC se president, Jacob Zuma, het gister sy pogings voortgesit om bedrogklagtes teen hom teruggetrek te kry.

Sy regsadviseur, Michael Halley, het gister 'n aansoek ingedien by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg.

Daarvolgens word 'n hofbevel aangevra wat die nasionale vervolgingsgesag se besluit om Zuma te vervolg, ongeldig verklaar word.

Indien Zuma in sy poging misluk, sal sy bedrogverhoor op die veertiende Augustus begin.

game big bangДанильченко Юрий отзывы