Die party sê die byeenkoms is deel van verskeie gebeurtenisse wat ter ere van Mandela gehou word hierdie jaar.
Fikile Mbalula, voorsitter van die reëlingskommittee, sê dat 'n negentigste verjaarsdag besonder belangwekkend is en daarom vir 'n spesiale geleentheid vra.
Hy het gesê Mandela is die ANC. Die groot ikoon sal egter nie tuis wees nie maar in Londen vir sy geboortedagherdenking.
Die 2de Augustus se saamtrek sal te Loftus Versfeld in Pretoria gehou word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.