Massabyeenkoms by Loftus vir Mandela

Die ANC is druk besig om 'n massabyeenkoms te organiseer vir die 2de Augustus ter viering van Mandela se negentigste verjaarsdag.

Die party sê die byeenkoms is deel van verskeie gebeurtenisse wat ter ere van Mandela gehou word hierdie jaar.

Fikile Mbalula, voorsitter van die reëlingskommittee, sê dat 'n negentigste verjaarsdag besonder belangwekkend is en daarom vir 'n spesiale geleentheid vra.

Hy het gesê Mandela is die ANC. Die groot ikoon sal egter nie tuis wees nie maar in Londen vir sy geboortedagherdenking.

Die 2de Augustus se saamtrek sal te Loftus Versfeld in Pretoria gehou word.

slots online for freeЛобановский