Die brandstof het deur die land se drie kernreaktors gegaan.
Die direkteur van kernveiligheid by die departement van mineraal- en energiesake, Schalk de Waal, het erken dat daar kommer by die Verenigde State oor kernverwerking heers.
Die VSA hou vol dat 'n bom van plutonium, een van die herwinde elemente, gemaak kan word.
Met die wêreldenergiekrisis het die VSA egter sy standpunte verander.
Volgens De Waal kan 95% van die brandstof weer gebruik word.
