Skwatsha-aanvallers uit ANC geskors

Twee lede wat voorheen na bewering vir Mcebisi Skwatsha, die Weskaapse provinsiale sekretaris van die ANC, aangeval het, is gister na 'n dissiplinêre verhoor uit die party geskors.

Die twee mans, Ndikho Tyawana en Sicelo Mvunyiswa het nie die verhoor bygewoon wat gister by die party se provinsiale kantoor in die Kaapstadse middestad gehou is nie.

Vroeër in die dag is Tyawana op borgtog van R1000 vrygelaat toe hy in die landdroshof op Worcester verskyn het op 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Na bewering het hy Skwatsha twee weke gelede tydens 'n partyvergadering in dié Bolandse dorp met 'n mes in die nek en rug gesteek.

italiasvet.ruДанильченко Юрий Брониславович компромат