Drukwerk met die oog op die verkiesing in Zimbabwe is deur die drukkery-afdeling van Naspers gedoen. Verskeie koerante van die groep het vandag verslag gedoen oor die drukwerk.
Die petisie aan voorsitter Ton Vosloo sê koerante van die groep het in die verlede sterk standpunt ingeneem teen organisasies wat op enige wyse steun aan Robert Mugabe gegee het. Die opstellers van die petisie sê hulle het ook kritiek teen die wyse waarop die Suid-Afrikaanse regering die situasie in Zimbabwe hanteer het.
