Hy sê dit is tragies om te sien hoe Bafana Bafana die grap van die internasionale sokkerwêreld geword het.
Queiroz sê dit is pateties wanneer mense Suid-Afrika se oorwinning oor die ongerekende Ekwitoriaal-Guinee vier.
Queiroz, wat Sir Alex Ferguson se hulpafrigter by Manchester United is, sê die behoorlike strukture ontbreek.
Hy sê Bafana Bafana het 'n wonderwerk nodig anders gaan hulle verneder word tydens die 2010-wêreldbeker.
