Mdladlana s? hy is geen rassis nie

Image

Mdladlana

Die minister van arbeid Mdladlana het homself in die parlement verdedig teen aanklagte dat hy 'n rassis is.

Hy het vroeër gesê dat die Sjinese moet onthou dat hulle nou kleurlinge is en kleurlinge praat nie Sjinees nie. Hy het ook gesê dat Sjinese werkgewers geen verskoning het om langer hul werkers te mishandel nie.

Anchen Dreyer van die DA het gesê dat Sjinese mense wat na dié land gekom het, vaardighede, ondernemerskap en 'n werketiek gebring het. Sy het die minister 'n rassis genoem.

Mdladlana het in antwoord gesê dat rassisme na Suid-Afrika gekom het in drie bote, die Dromedaris, Reijger en ander, met verwysing na Jan van Riebeeck.

Intussen het die Sjinese vereniging van Suid-Afrika gister gesê dat Mdladlana se opmerkings oor die Suid-Afrikaanse Sjinese ongegrond, irrasioneel en onjuis is.

chat gamesДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae