Metropolisie begin staak in Johannesburg

Die hele metropolisiediens van Johannesburg het begin staak om protes teen nepotisme, baantjies vir boetes en onbillike arbeidspraktyke aan te teken.

Meer as 500 lede het gister binne die metropolisiehoofkwartier in Eloffstraatuitbreiding betoog.

Metrolede wat nie uniform dra nie en by die lisensieafdeling in Johannesburg werk, neem ook aan die staking deel. Openbare diens sal vandag daaronder ly, het Vincent Vena, vakbondorganiseerder van SAMWU, gesê.
 
'n Woordvoerder vir die metropolisie, Wayne Minnaar, het ontken dat verkeerspolisie staak. Hy sê hulle wou net 'n vergadering oor salarisse hou.
 
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens moes op Metropolisie losbrand met rubberkoeëls om hulle te keer om die verkeer in Johannesburg wat hulle in die M2-gebied heeltemal tot stilstand gedwing het, verder te ontwrig.
 
Die Metropolisie het die SAPD se skote met lewendige ammunisie beantwoord. Duisende beangste motoriste was gister op en naby die Koningin Elisabeth-brug vasgekeer en kon nie vorentoe of agtertoe nie.
 
 
 
 

продажа зарядных устройствtopcargo