Studente rumoer by Wits

Image

SR-voorsitter gearresteer

Betogende studente het vir die tweede dag lesings by die Universiteit van die Witwatersrand se Braamfontein-kampus ontwrig. Hulle is ongelukkig omdat klasgeld volgende jaar verhoog gaan word en omdat studente self vir hulle akkommodasie moet betaal.

Suyasj Maharaj is vanoggend uit sy lesingsaal geboender toe honderde studente, wat struggle-liedere gesing het, by die saal ingebars het. “Ons het verwag dat die polisie buite sou wees toe ons die lokaal verlaat, maar daar was niemand nie. Ons wou polisiebeskerming hê, want dit het gelyk of die betogers ons regtig kon seermaak,” het hy gesê. Volgens Maharaj het die betogers teen die deur van die lokaal gehamer en daarop aangedring dat daar vir hulle oopgemaak word. Die studente aan die binnekant het egter die deur so goed moontlik versper. Die betogers het later die deur met geweld oopgedwing, studente uitgejaag en op die banke rondgespring. Sommige studente is hardhandig deur die betogers rondgeruk.

Die polisie beweer dat hulle wel die situasie op die kampus gemonitor het. Die vorige dag moes polisielede met rubberkoeëls op die skare losbrand toe hulle met klippe bestook is en motors beskadig is. Die voorsitter en vise-voorsitter van die verteenwoordigende studenteraad is gearresteer. Die studenteraad dring daarop aan dat die universiteit geen verhogings in klasgelde mag deurvoer nie.

раскрутка сайталобановский обыск

Qunta en die pampoenpille

Image

Christine Qunta

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ’n klagte aanhangig gemaak teen die omstrede Christine Qunta, huidige adjunk-voorsitter van die SABC-raad. Sy word daarvan beskuldig dat sy die regulasies van die wet op medisyne & verwante middele oortree het. Die klagte is Maandag deur Mike Waters, die DA se segman oor gesondheidsake, by Kaapstad-sentraalpolisiestasie ingedien.

Qunta word daarvan beskuldig dat sy geassosieer word met ’n produk wat voorgehou word as ’n

middel wat vigs kan genees. “Mense soos me Qunta, wat hulleself assosieer met ongetoetste produkte wat onmoontlike voordele adverteer, maak wins uit Suid-Afrika se tragiese vigspandemie eerder as om konstruktiewe stappe te doen om besmetting te verminder en diegene te help wat reeds die siekte onder lede het,” meen Waters. Aangesien die Medisynebeheerraad geweier het om teen Qunta op te tree, het die DA besluit om die klag te lê.

Tydens onlangse onderhoude wat met Qunta gevoer is vir aanstellings op die nuwe SABC-raad, het dit aan die lig gekom dat sy ’n direkteur is van ’n maatskappy genaamd Comforter’s Healing Gift. Geen kliniese toetse is nog op hierdie produkte uitgevoer nie. Daar is geen bewyse dat hierdie produkte vigs doeltreffend kan bekamp nie en tog beweer een van Qunta se mede-direkteure, Freddie Isaacs, dat die produkte wel vigs kan genees. Die hoofbestanddeel in hierdie reeks is wilde pampoen. Isaacs is die kleurlingman wat sowat vyf jaar gelede in Cradock aangekondig het dat God hom aangewys het as ’n apostel en dat hy binnekort sou sterf. Hy het sy eie begrafnis gereël en stelling ingeneem op sy bed. Die dag van sy dood het egter gekom en gegaan en Isaacs was steeds springlewendig. Die polisie moes later ingryp om woedende en teleurgestelde volgelinge van die apostel te keer om hulle leier aan te rand. Kort hierna het die apostel uit die dorp gevlug en ’n hele klomp gefrustreerde skuldeisers agtergelaat.

Zachie Achmat van die Treatment Action Campaign het vroeër gedreig dat hy hof toe sal gaan indien Qunta weer tot die SABC-raad verkies word.

Qunta is een van twaalf kandidate wat deur die parlementêre kommunikasiekomitee geselekteer is om op die nuwe SABC-raad te dien. President Thabo Mbeki moet hulle aanstellings nou amptelik goedkeur.

Christine Qunta, ’n vurige aanhanger van Mbeki en die prokureur wat die ewe omstrede Ronald Suresh Roberts verdedig, is gereeld in die spervuur met haar stellings oor blankes en rassisme. Sy is ’n praktiserende prokureur en skryf ’n rubriek vir die Business Day. Van die boeke wat al uit haar pen verskyn het, heet Who’s Afraid of Affirmative Action? A Survival Guide for Black Professionals en African Women: The Success Story.

радиоуправляемые машинкиДанильченко Юрий отзывы

Media24 vervals sirkulasiesyfers

Afrika se grootste mediamaatskappy, Media24, het erken dat hulle die sirkulasiesyfers van 12 van hul 60 tydskrifte vervals het. Hein Brand, uitvoerende hoof, het Woensdag aan joernaliste gesê dat hy "daarvan sou gehou het om te sê dat dit foute was, maar dit was ongerymdhede… dis ‘n absolute aaklige toedrag van sake."

Die Ouditburo vir Sirkulasie het gelas dat vyf tydskrifte van Touchline Media, ‘n Media24-filiaal, en sewe vrouetydskrifte se verskyning verlede maand gestaak word. Drie senior bestuurders waaronder ook die uitvoerende hoof van Touchline, Marc Blachowitz, het intussen bedank maar word steeds ondersoek in verband met die vervalste sirkulasiesyfers.

Patricia Scholtemeyer, HUB van Media24 se tydskrifafdeling, meen dit was ‘n "bewustelike manipulasie van die syfers deur sekere indiwidue. Dit was defnitief nie deur die topbestuur goedgekeur nie." Die betrokke tydskrifte is Men’s Health, Sports Illustrated, Wisden Cricketer, Shape, Kick Off, True Love Babe, InStyle SA, True Love, Lééf, Fairlady, Sarie en True Love Bride.

In sekere gevalle is die sirkulasiesyfer met soveel as 50% vergroot. Die forensiese span wat die bedrog ondersoek het, het aanbeveel dat drie bestuurders van Touchline en  ses werknemers van die vrouetydskrifafdeling ondersoek word. Volgens die hoofforensiesebeampte is daar reeds bekentenisse gedoen. "Dit het die vervalsing van dokumente wat aandui dat die titels van eienaar verwissel het, behels," het hy gesê.

Sodoende is vervalste fakture geskep om verkope aan te dui wat nooit plaasgevind het nie. Media24 het aangedui dat hulle adverteerders sal terugbetaal wat die maatskappy "miljoene" sal kos. Brand het egter gesê dat dit geen finansiële risiko vir die maatskappy inhou nie. Die Ouditburo vir Sirkulasie is tans besig om ‘n onafhanklike ondersoek van al Media24 se tydskrifte te doen en dit sal binne die volgende drie maande afgehandel wees.

люстру италияФільчаков прокурор

MIV-besmette kondome dood Afrikane

Image

Besmet?

Francisco Chimoio, die Katolieke aartsbiskop van Maputo, het Westerse kondoomvervaardigers daarvan beskuldig dat hulle kondome met opset besmet met die MIV-virus en dit dan na Afrika stuur “om die Afrikane vinnig dood te maak.”

Hy het aan die BBC vertel dat hy oor buitengewone inligting beskik oor ’n sameswering om Afrikane uit te roei. “Ek weet dat daar twee lande in Europa is … wat opsetlik kondome met die virus produseer,” het hy beweer. Hy wou egter nie sê na watter lande hy verwys nie. “Hulle wil ons steeds koloniseer. As ons nie versigtig is nie, sal dit klaarpraat wees met ons binne ’n eeu.”

Volgens mediese kenners is sy uitsprake belaglik. Die MIV-virus kan glad nie binne ’n kondoom oorleef nie. Die aartsbiskop se bewerings kan egter die Mosambiekse regering se pogings om vigs te bestry in die wiele ry. Daar word beraam dat sowat een uit elke ses Mosambiekers die virus onder lede het en dat 500 mense daagliks aangesteek word. Mosambiek het ’n bevolking van 19 miljoen mense.

Die Katolieke kerk in Mosambiek is steeds sterk gekant teen die gebruik van kondome. Aartsbiskop Chimoio word as ’n gerespekteerde figuur in daardie land beskou, hoofsaaklik omdat hy ’n groot rol gespeel het om vrede tussen die strydende Mosambiekse faksies te bewerkstellig.

Soortgelyke skeptisisme oor die ware oorsprong van vigs is ook elders in Afrika aan te tref. Dit is welbekend dat president Thabo Mbeki die skakel tussen MIV en vigs betwyfel en glo dat antiretrovirale middels die liggaam vergiftig.

In Gambië verkondig die president, Yahya Jammeh, dat hy vigs-pasiënte kan genees deur ’n kruiemengsel aan hulle liggame te smeer. Die land se gesondheidsministerie verwys selfs pasiënte na die presidentskantoor. ’n Verenigde Nasies-beampte wat dit gewaag het om Jammeh se bewerings te bevraagteken, is onlangs summier uit die land geskop.

to startДанильченко Юрий Харьков

Regter se skandes

Image

Regter in sy Jaguar

Nkola Motata, ’n regter verbonde aan die Pretoriase hoër hof, sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ’n aanklag van dronkbestuur. Hy word verder ook aangekla van pogings om die gereg te fnuik.

Die regter is op 6 Januarie vanjaar gearresteer toe hy met sy Jaguar deur ’n muur in Hurlingham gejaag het. Hy het hom teëgesit toe polisie hom wou arresteer en moes uiteindelik deur vyf metropolisiebeamptes in ’n polisiemotor gelaai word. Die staat beweer Motata se bloedtoets het op meer as vier keer die toegelate alkoholinhoud gedui. Hy het verder die naam van sy werkgewer as “Transval Provincial Division” geskryf en gesukkel om sy eie telefoonnommer te onthou en neer te skryf.

Motata het hom ook skuldig gemaak aan beledigings van die vroulike polisiebeamptes wat hom aanvanklik op die ongelukstoneel wou arresteer. Volgens die staat het hy geskreeu “F.. julle, onnosel vroumensbeamptes, julle kan my nie arresteer nie,” “vroumense kan my nie arresteer nie,” “julle onnosel vroue kan my nie arresteer nie,” en “n vroumens kan nie arresteer nie, dit moet ’n man wees.”

Alhoewel niemand die ongeluk, wat in die vroeë oggendure van 6 Januarie plaasgevind het, gesien het nie, is die regter “deurmekaar” agter die stuur van sy motor aangetref, te midde van die chaos van die muur wat hy stukkend gery het. Hy het aan polisie op die toneel erken dat hy die aand ’n partytjie bygewoon het en wyn gedrink het. Die regter kon nie self regop staan nie. Hy en die motor het sterk na drank geruik. Verder het hy met ’n sleeptong gepraat. Hy het aggressief geword toe hy gevra is om in ’n pypie te blaas. Hy het ook polisiebeamptes gedreig dat hy hulle sou vervolg indien hulle hom arresteer.

Na afloop van die voorval het die regter hemel en aarde probeer beweeg om sy saak van die Johannesburgse magistraatshof na die Pretoriase hoër hof te skuif, omdat hy geglo het sy status is te belangrik vir ’n doodgewone magistraatshof, maar sy pogings het misluk. Hy sal dus vandag in die eenvoudige magistraatshof moet verskyn.

designer bridal headbandsлобановский александр отзывы

Barney se bul

Daar is gister gewoel en gewerskaf in Barney Pityana, UNISA-rektor, se Nieu-Muckleneuk-tuin. ’n Bul is opgemerk, vasgemaak aan ’n boom. Die dier sal vanmiddag om 17:00 geslag word, as deel van Pityana se dogter se huwelikseremonie.

Pityana, wat van Xhosa-afkoms is, het skynbaar die regte prosedure gevolg om die bul in sy tuin te slag, maar van sy bure is geskok en woedend. Daar word verder gewonder wie vir die seremonie gaan betaal. Die huis (’n amptelike UNISA-woning) is onlangs geverf en opgeknap. Daar word sowat 500 gaste by die troue verwag. Wit markiestente is reeds opgerig.

Volgens ’n woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Pretoria is die organisasie bewus van die slagting. ’n Verteenwoordiger van die DBV sal teenwoordig wees om seker te maak dat die dier nie onnodig ly nie. Hy het bevestig dat daar ’n toename in sulke seremonies in Pretoria-woongebiede is.

Pityana is al sedert 2001 rektor van UNISA. Hy het ’n regsagtergrond en spesialiseer verder in swart teologie. Hy was vroeër verbonde aan die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie. Hy het verlede jaar die Silwer Orde van die Groot Raadgewer van die Kremetart van president Thabo Mbeki ontvang. Die vermaarde joernalis Stephen Mulholland het hom al as “aggressief en bombasties” beskryf.

детские строительные инструменты купитьЛобановский Харьков

Suid-Afrika loop sy eie kernpaadjie

Image

Buyelwa Sonjica

Suid-Afrika het besluit om voorlopig nie deel uit te maak van die VSA se projek om kernkrag te versprei en te monitor nie, aangesien die land nie sy reg wil opgee om uraan te kan verryk nie.

Buyelwa Sonjica, minister van mineraal-en energiesake, het gister tydens ’n perskonferensie na afloop van die Verenigde Nasies se Atoomkragagentskapvergadering in Wene gesê dat Suid-Afrika ’n uitnodiging ontvang het om deel uit te maak van die Globale Kernenergievennootskap, maar dit nie aanvaar het nie, aangesien so ’n stap nasionale kernkragbeleid in die wiele kan ry. Ingevolge hierdie VSA-inisiatief sal state gehelp word om kernbrandstof te bekom en hoef hulle dus nie hulle eie uraan te produseer nie. Kernkrag word sodoende versprei, maar nie die tegnologie waarmee wapens vervaardig kan word nie.

Elf lande het Sondag lede van die projek geword tydens die byeenkoms in Wene. Hulle is Australië, Bulgarye, Ghana, Hongarye, Jordanië, Kazakstan, Litaue, Pole, Roemenië, Slovenië, en Oekraïne. China, Frankryk, Japan en Rusland is reeds lede.

Sonjica glo dat om uraan uit te voer vir verrykingsdoeleindes en dit dan her in te voer nie sin maak nie. “Dit sal in konflik staan met ons nasionale beleid,” meen sy.

Will Tobey van die VSA het aanvanklik beklemtoon dat geen land gevra word om sy reg om uraan te verryk op te gee nie. Hy is verantwoordelik vir nie-proliferasie aangeleenthede in die VSA se nasionale kernveiligheidsadministrasie. Hy het egter later erken ”dat dit nie sin sal maak om beide te doen nie” – met ander woorde dat ’n land aansluit by die Globale Kernenergievennootskap en steeds voortgaan om sy eie uraan te verryk. Hy meen dit is wel voordelig vir lande om deel uit te maak van hierdie vennootskap, aangesien uraanverryking ’n baie duur proses is.

Volgens Sonjica is Suid-Afrika nou op soek na internasionale vennote wat die land in sy uraanverrykingsprogram kan bystaan.

двухпоршневой ценаОлександр Фільчаков прокурор

Die ergste humanit?re krisis ter w?reld

Image

David Coltart

Volgens David Coltart, MDC-parlementslid, is die humanitêre krisis wat Zimbabwe tans beleef, die ergste ter wêreld. Dit word egter nog in ’n groot mate deur die internasionale gemeenskap geïgnoreer. Coltart het die Verenigde Nasies (VN) daarvan beskuldig dat hulle hul plig versaak deur oor die saak te swyg. “Dit is ’n absolute katastrofe,” het Coltart aan die Reuters-nuusagentskap gesê. “Nie net sterf mense elke dag nie, maar die ineenstorting van die ekonomie is besig om die streek te destabiliseer.“

Inflasie is tans sowat 6000%, werkloosheid word op 80% gereken en prysbeheermaatreëls het meegebring dat supermarkrakke leeg is. Selfs stapelvoedsel soos brood en mieliemeel is feitlik onverkrygbaar. “Wat ons nou nodig het, is ’n enorme hulpverleningspoging. Mugabe gebruik met opset voedsel as ’n wapen,” meen Coltart. ”Die probleem is dat dinge op die oppervlak kalm lyk – dit is in die hospitale en lykshuise waar jy egter die waarheid sien.”

Volgens hom word daar wel tans vordering gemaak in die gesprekke tussen die ZANU-PF-regering en die MDC, maar lê daar nog ’n lang pad voor. Daar moet eenstemmigheid oor ’n nuwe grondwet bereik word voor die presidensiële en parlementêre verkiesings in Maart aanstaande jaar plaasvind.

Hy het voorts ’n beroep op die strydende faksies binne sy party gedoen om hulle geskille by te lê en om die verkiesing verenigd aan te pak. “As ons die verkiesing as ’n verdeelde party aanpak, sal dit ’n geskenk wees vir ZANU-PF en ’n ramp vir Zimbabwe."

Intussen het sakeleiers Maandag gewaarsku dat beplande wetgewing wat die meerderheidsaandele van buitelandse firmas binnekort in die hande van swart Zimbabwiërs sal plaas, die land se ekonomiese probleme gaan vererger.  Daar word verwag dat buitelandse beleggings met ten minste 30% sal daal en dat ’n daling in die bruto binnelandse produk ook sal plaasvind

100 play gamesАлександр Фильчаков

‘Grahamstad moet waai’

Daar is tydens ’n Makana-raadsvergadering op 13 September besluit dat die naam Grahamstad “moet waai.” Burgemeester Phumelelo Kate het gister gesê die besluit is op geskiedkundige redes gebaseer. “Die gemeenskap moet weet dat die naam, ter ere van Graham, afgedwing is deur koloniste.“

President Thabo Mbeki het reeds by twee geleenthede kritiek op die naam Grahamstad uitgespreek. Hy het in die parlement daarop gewys dat die Britse offisier kolonel John Graham “’n slagter“ was. Volgens Kate sal raadslede binnekort elke wyk besoek om te hoor wat inwoners dink van die voorgestelde nuwe naam, iRhini. “Die inheemse mense moet nou hulle eie lotgevalle bepaal deur deel te neem aan ’n proses om op ’n nuwe naam vir hulle dorp te besluit,“ meen Kate.

Volgens Smilo Grootboom, ’n lid van die  Oos-Kaapse Geografiese Naamkomitee, is die komitee nie bewus van die besluit wat deur die Makana-munisipaliteit geneem is nie. Nadat ’n munisipale raad besluit het om ’n naam te verander, vereis die wet dat die betrokke munisipaliteit dan die plaaslike geografiese naamkomitee moet nader, wat die aansoek sal ondersoek om seker te maak dat wetlike aspekte nagekom is.

Indien die komitee tevrede is, word ’n aanbeveling oor die nuwe naam gemaak aan die provinsiale minister, wat dit dan voorlê aan die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamkomitee, wat op hulle beurt die minister van kuns en kultuur oor sulke sake adviseer. Die minister het dan die reg om die nuwe naam in die staatskoerant bekend te maak.

Daar is tans 59 naamsveranderinge wat deur die Oos-Kaapse Geografiese Naamkomitee oorweeg word.

free bet casinoОлександр Фільчаков прокурор

ANC-minister dreig met grondonteiening

Image

Lulu Xingwana, min. van grondsake

Die ANC-minister van grondsake, Lulu Xingwana, het gister gedreig dat haar regering plase gaan onteien van boere wat “die regte van werkers skend”. Die konteks van haar uitlating was ‘n vergadering van die Voedsel en Verwante Werkersunie se nasionale konferensie in Randburg waar sy deur ‘n skare van 200 met rooi T-hemde toegejuig is.

Xingwana het gesê dat “die regering die reg het om diegene wat nie die wet (oor verblyfreg op plase) eerbiedig nie te onteien. Ek voel persoonlik dat te veel plaaswerkers hulself onder die sweep van mishandeling deur gewetenlose boere bevind.”

Haar aanval op boere volg kort op die hakke van ‘n soortgelyke uitspraak deur die adjunk-minister van grondsake, Dirk du Toit, in die parlement op Woensdag. By die pas afgelope kongres van TLU-SA, die landbou-unie, is gevoel dat Du Toit se stellings bereken is om saam te val met die landboukongres waar “Volhoubare landbou binne die Afrikarealiteit” die tema was.

Xingwana het beweer dat agt miljoen werkers van plase afgesit is van 1985 tot 2005 en dat slegs een persent van sulke uitsettings wettig was. Hierteenoor het mnr. Lourie Bosman van Agri-SA gesê dat daar sedert die begin van die jaar nog geen geval van onwettige uitsetting in die land aangemeld is nie. In terme van ‘n ooreenkoms tussen boere en die departement van grondsake, bestaan daar ‘n gesamentlike komitee om sulke gevalle te ondersoek. Sedert 1 Januarie 2007 is daar egter nog geen geval van onwettige uitsetting op ‘n plaas aangemeld nie.

Volgens Xingwana het die ANC nie met onteiening begin nie, maar het die vorige regering himself reeds sedert 1936 skuldig gemaak aan wat sy noem “skop-skiet-en-donder-onteienings”.

“Ek glo dat ons almal bewus is van die probleme op plase en dat hulle vra om dringende en besliste ingryping deur alle strategiese vennote,” het sy voortgegaan. “Ons moet beklemtoon dat plaaswerkers ook mense is en menswaardige behandeling verdien.”

Xingwana het gesê dat die debat en die behoefte om verblyfregkwessies aggressief ter hersien gedurende die Grondberaad in 2005 beklemtoon is. By die beraad is ‘n oproep gedoen om ‘n moratorium op alle uitsettings te plaas en om die huidige wetlike bestel te wysig.

Dit het die departement van grondsake genoop om drie studies aan te vra waarin bepaal sou word hoeveel mense op plase woon, hoe die wetgewing hersien behoort te word, asook die moratorium op alle uitsettings.

Die eerste studie het getoon dat daar 3 miljoen mense op plase woon. Die studies is intussen voltooi en sal deur die departement vrygestel word op Maandag 17 September. ‘n Aksieplan sal onmiddellik daarna opgetrek word.

“Sommige van die mislukkings is nie as gevolg van die wetgewing nie, maar as gevolg van die vermoë van die staat om dit te implementeer.”

“Nuwe strategieë word ontwikkel, insluitende die daarstelling van die Grondregtebestuursfasiliteit.’

Regsverteenwoordiging het nog altyd die uitslag van uitsettingsake bepaal en sodoende het plaaswerkers en plaasbewoners sulke sake verloor.

“Dit is belangrik dat die staat behoorlike meganismes in werking stel om diegene wat nie regsverteenwoordiging kan bekostig nie van hulp te wees.”

Ander elemente van die Grondregtebestuursfasiliteit sal ‘n oproepsentrum by die departement insluit om plaaswerkers en –bewoners te help, asook ‘n kommunikasiestrategie om bewustheid van grondregte te verhoog.

“Ek beoog om ‘n grondregtebewustheidsveldtog van staple te stuur en om ook gebiede met ‘n hoë voorkoms van uitsettings te besoek,” het sy gesê.

“Dade van mishandeling op plase was nie in belang van die groei en ontwikkeling van landbou, ‘n belangrike pilaar van die landsekonomie, nie,” het sy voorts verklaar.

“As regering gaan ons alles in ons vermoë doen om toestande op plase te normaliseer.”

Xingwana het ‘n beroep op boere wat steeds die menseregte van hul werkers skend gedoen om “sulke gedrag te laat vaar”.

“Ek wil boere ook vra om die werksomstandighede van diegene wat hulle dien te verbeter. Aan die ander kant doen ek ‘n beroep op plaaswerkers om met hul werknemers saam te werk,” het Xingwana gesê.

стоимость брекетов на зубыФильчаков прокурор отзывы