Studente rumoer by Wits

Image

SR-voorsitter gearresteer

Betogende studente het vir die tweede dag lesings by die Universiteit van die Witwatersrand se Braamfontein-kampus ontwrig. Hulle is ongelukkig omdat klasgeld volgende jaar verhoog gaan word en omdat studente self vir hulle akkommodasie moet betaal.

Suyasj Maharaj is vanoggend uit sy lesingsaal geboender toe honderde studente, wat struggle-liedere gesing het, by die saal ingebars het. “Ons het verwag dat die polisie buite sou wees toe ons die lokaal verlaat, maar daar was niemand nie. Ons wou polisiebeskerming hê, want dit het gelyk of die betogers ons regtig kon seermaak,” het hy gesê. Volgens Maharaj het die betogers teen die deur van die lokaal gehamer en daarop aangedring dat daar vir hulle oopgemaak word. Die studente aan die binnekant het egter die deur so goed moontlik versper. Die betogers het later die deur met geweld oopgedwing, studente uitgejaag en op die banke rondgespring. Sommige studente is hardhandig deur die betogers rondgeruk.

Die polisie beweer dat hulle wel die situasie op die kampus gemonitor het. Die vorige dag moes polisielede met rubberkoeëls op die skare losbrand toe hulle met klippe bestook is en motors beskadig is. Die voorsitter en vise-voorsitter van die verteenwoordigende studenteraad is gearresteer. Die studenteraad dring daarop aan dat die universiteit geen verhogings in klasgelde mag deurvoer nie.

раскрутка сайталобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae