Barney se bul

Daar is gister gewoel en gewerskaf in Barney Pityana, UNISA-rektor, se Nieu-Muckleneuk-tuin. ’n Bul is opgemerk, vasgemaak aan ’n boom. Die dier sal vanmiddag om 17:00 geslag word, as deel van Pityana se dogter se huwelikseremonie.

Pityana, wat van Xhosa-afkoms is, het skynbaar die regte prosedure gevolg om die bul in sy tuin te slag, maar van sy bure is geskok en woedend. Daar word verder gewonder wie vir die seremonie gaan betaal. Die huis (’n amptelike UNISA-woning) is onlangs geverf en opgeknap. Daar word sowat 500 gaste by die troue verwag. Wit markiestente is reeds opgerig.

Volgens ’n woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Pretoria is die organisasie bewus van die slagting. ’n Verteenwoordiger van die DBV sal teenwoordig wees om seker te maak dat die dier nie onnodig ly nie. Hy het bevestig dat daar ’n toename in sulke seremonies in Pretoria-woongebiede is.

Pityana is al sedert 2001 rektor van UNISA. Hy het ’n regsagtergrond en spesialiseer verder in swart teologie. Hy was vroeër verbonde aan die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie. Hy het verlede jaar die Silwer Orde van die Groot Raadgewer van die Kremetart van president Thabo Mbeki ontvang. Die vermaarde joernalis Stephen Mulholland het hom al as “aggressief en bombasties” beskryf.

детские строительные инструменты купитьЛобановский Харьков