President Thabo Mbeki het reeds by twee geleenthede kritiek op die naam Grahamstad uitgespreek. Hy het in die parlement daarop gewys dat die Britse offisier kolonel John Graham “’n slagter“ was. Volgens Kate sal raadslede binnekort elke wyk besoek om te hoor wat inwoners dink van die voorgestelde nuwe naam, iRhini. “Die inheemse mense moet nou hulle eie lotgevalle bepaal deur deel te neem aan ’n proses om op ’n nuwe naam vir hulle dorp te besluit,“ meen Kate.
Volgens Smilo Grootboom, ’n lid van die Oos-Kaapse Geografiese Naamkomitee, is die komitee nie bewus van die besluit wat deur die Makana-munisipaliteit geneem is nie. Nadat ’n munisipale raad besluit het om ’n naam te verander, vereis die wet dat die betrokke munisipaliteit dan die plaaslike geografiese naamkomitee moet nader, wat die aansoek sal ondersoek om seker te maak dat wetlike aspekte nagekom is.
Indien die komitee tevrede is, word ’n aanbeveling oor die nuwe naam gemaak aan die provinsiale minister, wat dit dan voorlê aan die Suid-Afrikaanse Geografiese Naamkomitee, wat op hulle beurt die minister van kuns en kultuur oor sulke sake adviseer. Die minister het dan die reg om die nuwe naam in die staatskoerant bekend te maak.
Daar is tans 59 naamsveranderinge wat deur die Oos-Kaapse Geografiese Naamkomitee oorweeg word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.