Regter se skandes

Image

Regter in sy Jaguar

Nkola Motata, ’n regter verbonde aan die Pretoriase hoër hof, sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ’n aanklag van dronkbestuur. Hy word verder ook aangekla van pogings om die gereg te fnuik.

Die regter is op 6 Januarie vanjaar gearresteer toe hy met sy Jaguar deur ’n muur in Hurlingham gejaag het. Hy het hom teëgesit toe polisie hom wou arresteer en moes uiteindelik deur vyf metropolisiebeamptes in ’n polisiemotor gelaai word. Die staat beweer Motata se bloedtoets het op meer as vier keer die toegelate alkoholinhoud gedui. Hy het verder die naam van sy werkgewer as “Transval Provincial Division” geskryf en gesukkel om sy eie telefoonnommer te onthou en neer te skryf.

Motata het hom ook skuldig gemaak aan beledigings van die vroulike polisiebeamptes wat hom aanvanklik op die ongelukstoneel wou arresteer. Volgens die staat het hy geskreeu “F.. julle, onnosel vroumensbeamptes, julle kan my nie arresteer nie,” “vroumense kan my nie arresteer nie,” “julle onnosel vroue kan my nie arresteer nie,” en “n vroumens kan nie arresteer nie, dit moet ’n man wees.”

Alhoewel niemand die ongeluk, wat in die vroeë oggendure van 6 Januarie plaasgevind het, gesien het nie, is die regter “deurmekaar” agter die stuur van sy motor aangetref, te midde van die chaos van die muur wat hy stukkend gery het. Hy het aan polisie op die toneel erken dat hy die aand ’n partytjie bygewoon het en wyn gedrink het. Die regter kon nie self regop staan nie. Hy en die motor het sterk na drank geruik. Verder het hy met ’n sleeptong gepraat. Hy het aggressief geword toe hy gevra is om in ’n pypie te blaas. Hy het ook polisiebeamptes gedreig dat hy hulle sou vervolg indien hulle hom arresteer.

Na afloop van die voorval het die regter hemel en aarde probeer beweeg om sy saak van die Johannesburgse magistraatshof na die Pretoriase hoër hof te skuif, omdat hy geglo het sy status is te belangrik vir ’n doodgewone magistraatshof, maar sy pogings het misluk. Hy sal dus vandag in die eenvoudige magistraatshof moet verskyn.

designer bridal headbandsлобановский александр отзывы