Mosambiek kry ?n hupstoot

Image

Wag vir toeriste

Die Wêreldbank het gister bekendgemaak dat dié instansie krediet ter waarde van 100 miljoen dollar aan Mosambiek gaan toestaan ten einde die land se padnetwerk te verbeter. Mosambiek sal geen rente betaal nie en 40 jaar gegun word om die bedrag terug te betaal.

Die herstel van paaie en bou van brûe is een van Mosambiek se prioriteite. Die regering het enkele maande gelede ’n internasionale tender ter waarde van een miljard dollar bekendgemaak om ’n snelweg te bou wat die onderontwikkelde noordelike provinsies met die meer ontwikkelde suide sal verbind. Die naam van die maatskappy wat die tender ontvang het, sal later vandeesmaand aangekondig word.

Daar word gehoop dat ’n verbeterde infrastruktuur meer toeriste na die land sal lok, veral tydens die Wêreldbekertoernooi in 2010, wanneer duisende mense in Nelspruit naby die grens verwag word.

Tans oorleef sowat 80% van Mosambiek se 20 miljoen mense danksy bestaansboerdery. Daar word gereken dat tot een miljoen Mosambiekse burgers tans in Suid-Afrika werk, hoofsaaklik in die myne, maar ook in die landbousektor en boubedryf.


отделка баниАлександр Фильчаков

Plan om Zim-dollar te red

ImageDie Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is tans besig met ’n plan om die Zimbabwiese dollar aan die Suid-Afrikaanse rand te koppel. Die plan behels dat die monetêre area van Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en Swaziland uitgebrei sal word om Zimbabwe in te sluit. Die rand kan tans in al hierdie gebiede gebruik word en plaaslike geldeenhede is daaraan gekoppel. Dit bring mee dat hulle wisselkoers stabiel bly teenoor die Amerikaanse dollar en ander geldeenhede.

Amptelik is die inflasiekoers in Zimbabwe tans 4 500%, maar die werklike koers is waarskynlik dubbel so hoog. Dit het die Zimbabwiese dollar en Zimbabwiese salarisse feitlik waardeloos gemaak. Op die swart mark word die Amerikaanse dollar tans vir Z$250 000 verhandel.

Ingevolge die SAOG-plan sal die reserwebanke van Suid-Afrika en Botswana geld aan die Zimbabwiese reserwebank gee om die bank aan die gang te hou. Die idee is om in ruil vir geldelike bystand president Robert Mugabe tot politieke hervormings oor te haal.

Verteenwoordigers van Mugabe se ZANU-PF en die MDC-opposisieparty begin vandag buite Pretoria met onderhandelinge oor die politieke situasie in Zimbabwe.

99spravokлобановский александр фото

Sy Majesteit kry kompetisie

Image

Zwelethini en Mswati

Elf amakhosi in Kwazulu-Natal het onlangs aansoek gedoen by die Nhlapo-kommissie vir tradisionele leierskapgeskille- en eise om konings te word met dieselfde status as koning Goodwill Zwelithini. President Thabo Mbeki het in 2004 vir professor Thandabuntu Nhlapo aangestel om hoofmanne en konings se klagtes aan te hoor.

Die kommissie se uitspraak word eers oor twee jaar verwag. ’n Vergadering van tradisionele leiers het egter verlede week in Ulundi die elf eise verwerp. Die meeste amakhosi is lojaal aan die Zoeloekoning. Tydens verlede week se vergadering het Mangosuthu Buthelezi gesê dit sal  “tragies” wees as niks aan hierdie saak gedoen word nie. Hy meen alle tradisionele leiers moet later vandeesmaand die sitting bywoon waar die elf eise aangehoor sal word.

Zwelithini se koninklike huishoudelike begroting vir 2007/8 beloop R36,4 miljoen, rojaal voorsien deur belastingbetalers. Zwelithini is egter bekend daarvoor dat hy gereeld sy begroting oorskry. Verlede jaar het hy R3,5 miljoen meer as die toegekende bedrag bestee. Dr Vusi Shongwe, hoof van die koninklike huishouding, het vroeër vanjaar die Kwazulu-Natalse finansiële portefeuljekomitee toegespreek en die spandabelrige uitgawes van die Zoeloekoning geblameer op die konflik tussen “moderniteit en tradisie”. Hy het verder daarop gewys dat koningshuise nog altyd met “oordaad” geassosieer is.

In 2006 het koning Goodwill Zwelithini ses Mercedes-Benz E200 Kompressors vir sy ses vroue aangeskaf, vir die bakatel van R2,3 miljoen. Die Toyota Corollas waarmee hulle ses chauffeurs hulle vroeër vervoer het, het kwansuis nie by hulle status gepas nie. Sy eie S-klas Mercedes kos R1,8 miljoen. Elke band van die spoggerige voertuig kos R28 000 om te vervang.

Die koninklike huishouding is lief vir reis en weelderige akkommodasie. In een maand verlede jaar het sy entourage (wat soms uit 145 persone bestaan) amper R600 000 op reis en verblyf spandeer.

In die lig hiervan behoort dit seker nie verbasend te wees dat die leiers van die amaHlubi, amaNgwane, Mngomezulu, amaThonga, Nhlangwini, abaNguni, amaZizi en ander groepe ook koninklike apsirasies koester nie…

подвесной светильникtopcargo развод

McBride wys sy ware kleure

Image

Robert McBride

Lede van die SAPS het klagtes van intimidasie teen Ekurhuleni-metropolisiebeamptes ingedien na aanleiding van ’n insident wat Woensdag in Boksburg plaasgevind het. Superintendent Eugene Opperman van die SAPS het die nuus gister bekend gemaak.

Patrick Johnston, een van drie geskorste Ekurhuleni-metropolisiebeamptes, is Woensdag deur kollegas van die pad afgetrek omdat sy voertuig getinte ruite gehad het. Hy het Stanley Segathevan, ook ’n  geskorste metropolisieman, gebel en sy kollega het op die toneel aangekom om hom by te staan. ’n Rusie het ontstaan en polisiehulp is deur Johnston ontbied. McBride het ook op die toneel aangekom. Die twee geskorste beamptes is uiteindelik gearresteer op klagtes dat hulle ingemeng het met die uitvoering van hul kollegas se pligte en hulle sou verset het.

Toe die polisie op die toneel verskyn, was McBride woedend. Hy het die polisielede gevloek en hulle na bewering “bobbejane en stukke k.k” genoem. Hy het verder sy metrolede opdrag gegee om te skiet indien enige van die polisielede aan hulle wapens sou raak.

Die saak teen Johnston en Segathevan is gister deur die Boksburg-hof uitgegooi weens “’n gebrek aan bewyse.” Die twee beamptes wil egter vandag ’n interdik teen McBride bekom aangesien hulle vir hul lewens vrees, ná doodsdreigemente deur McBride.

Op 21 Desember verlede jaar was Robert McBride, hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, in ’n motorongeluk op die R51 naby Centurion betrokke. Hy was op pad terug van ’n jaareindfunksie.

Getuies op die toneel het aan koerante vertel dat McBride dronk was. Hy het hierdie bewering ten sterkste ontken. Dieselfde getuies het beweer dat hulle deur Ekurhuleni-metropolisiebeamptes aangerand is, in ’n poging om hulle te intimideer.

Stanley Segathevan, Patrick Johnstone en Ithumeleng Koko het McBride vinnig van die toneel verwyder sonder om korrekte prosedures te volg. Geen bloedtoetse is uitgevoer nie. Ná die insident het McBride en die drie beamptes egter ’n  uitval gehad. Die drie het later ’n verslag by die Nasionale Vervolgingsgesag ingedien wat skynbaar verdoemende getuienis oor die insident van 21 Desember bevat. Die Nasionale Vervolgingsgesag moet nog besluit of McBride vervolg behoort te word vir roekelose bestuur en wou nie die inhoud van die verslag bekend maak nie.

remezaлобановский александр досье

Mynhuis steek SEB-vennoot in die pad

Image

Thuthukile Skweyiya

Wescoal het hulle voorsitster, Thuthukile Skweyiya, afgedank op grond van gebrek aan prestasie. Hulle soek tans na ’n ander swartekonomiesebemagtigingsvennoot. Skweyiya, vrou van minister Zola Skweyiya, Thembeka Tulwana en Johannes Nieman is nie meer lede van die Wescoal-raad nie. Al drie is lede van die SEB Fikza-konsortium. Skewyiya is verder ook voorsitter van Wesizwe Platinum.

Die oorblywende Wescoal-direkteure het Fikza se belange ter waarde van R13 miljoen teruggekoop en is tans op soek na ’n nuwe SEB-vennoot. Volgens Andre Boje, uitvoerende bestuurder van Wescoal, het hulle Fikza-vennote nie hul woord gestand gedoen deur transaksies te beding wat Wescoal in staat sou stel om hul eie steenkoolmyne in bedryf te stel nie. “Ons is op soek na mense wat kan bydra en bereid is om hulle hande vuil te maak.” Wescoal verkoop ongeveer 1,2 miljoen ton steenkool per jaar wat by derde partye aangekoop word.

Skweyiya het aan die einde van 2003 na Suid-Afrika teruggekeer toe haar kontrak as ambassadeur in Frankryk verstryk het. Sy en haar man was verlede jaar in die nuus toe dit op die lappe gekom het dat Sandi Majali van Imvume Management R65 000 aan die egpaar “geleen het“ om verbeteringe aan hulle woning in Waterkloofrif aan te bring. Dit het gebeur vier weke nadat Majali se ander maatskappy, It Lynx, by Zola Skweyiya daarop aangedring het dat die minister werk maak van hulle R400 miljoen-tender. Mev Skweyiya was verder aan die einde van 2005 deel van die uitgelese groepie wat saam met Phumzile Mlambo-Ngcuka in die Verenigde Arabiese Emirate gaan vakansie hou het. Die besoek het die belastingbetaler R700 000 uit die sak gejaag.

In April vanjaar het Bisichi Mining vir Sipho Dube en Duku Mogoai gevra om die raad van die groep se Black Wattle-maatskappy te verlaat. Hulle het verder die transaksie gekanselleer ingevolge waarvan die twee SEB-vennote ’n aandeel van 37,5% in Black Wattle gehad het. Dube is tans besig met regsaksie teen Bisichi.

оборудование для автосервисаАлександр Фильчаков

Nqakula gaan n?rens

Image

Nqakula bly

Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, het gister ’n vergadering van Johannesburgse sakelui toegespreek. Hy het dit duidelik gemaak dat hy geen planne het om te bedank nie.

Dit volg op die bekendmaking van misdaadstatistiek gister en Afriforum se beroep op die minister om te bedank in die lig van die toename in moord, rooftogte en kapings. “Diegene wat sê ek moet bedank, moet eerder kyk na wat húlle doen in die geveg teen misdaad. “Ek gaan voort om antwoorde te soek op die probleme wat ons ondervind,“ het Nqakula gesê.

Eergister het die minister tydens ’n perskonferensie verklaar dat hy geen verband sien tussen misdaad en die Wêreldbekertoernooi van 2010 nie. “As daar ’n groot bedreiging is vir hierdie toernooi, vertel ons, want ons wil dit hanteer. Is daar ’n bom wat by die stadion sal afgaan?“

Jackie Selebi, omstrede polisiekommissaris, het by die minister aangesluit en opgemerk dat hy nie snags wakker lê “met 2010 op my voorkop nie.” Tydens dieselfde perskonferensie het Nqakula egter erken dat die toename in rooftogte “’n vernietigende impak het op die psige van die nasie” en het hy die gewelddadige aspek van misdaad as “ontstellend en onaanvaarbaar” bestempel.

палатка купитьлобановский класс

Mugabe paai sy honger burgers

Image

Mugabe in Akkra

Die Zimbabwiese regering het gister gedreig om sake-ondernemings te sluit wat weier om pryse van hul produkte met die helfte te verminder. Verlede week het Mugabe opdrag gegee dat die koste van alle basiese goedere en dienste met 50% gesny moet word. Dit volg op ’n prysstyging van 300% in een week se tyd. Meeste besighede het egter die opdrag verontagsaam en in sommige winkels het produkte eenvoudig van die rakke af verdwyn.

Die regering het ’n spesiale eenheid aangewys om seker te maak dat die opdrag uitgevoer word. Hulle het reeds meer as twintig besigheidslui in hegtenis geneem.

Waarnemende president Joseph Msika het Maandag gesê ondernemings wat nie gehoor gee aan die regering se opdrag nie, is ”verraaiers” wat met buitelandse magte saamwerk om die Mugabe-regering tot ’n val te bring. ”Ons sal nie ons pogings laat vaar om hierdie ongewenste situasie reg te stel nie. Sommige gewetenlose vervaardigers bly uitdagend en skep ’n kunsmatige gebrek aan goedere,” het Msika gesê. “Ons sal nie verraaiers, drosters en geldknoeiers toelaat om in te meng met ons goeie lewe nie,” was sy waarskuwing aan sakelui.

Robert Mugabe is tans in Akkra, waar hy die beraad van Afrika-unieleiers bywoon. Verlede Woensdag het hy buitelandse maatskappye in Zimbabwe gedreig dat hy hulle sal nasionaliseer. Dit lyk of Mugabe probeer om met hierdie soort uitsprake sy rustelose bevolking te paai.

Eergister het Mugabe ’n jubelende skare in Ghana toegespreek en ’n beroep op politieke en ekonomiese eenheid in Afrika gedoen. ”Om eerlik te wees, as ons nie ons sokkies optrek, begin organiseer en ons hulpbronne gesamentlik aanwend nie, sal ons nooit welvarend word van hulp wat uit bronne buite Afrika ontvang word nie,“ het hy die toehoorders vermaan. Mugabe is nou 83 jaar oud en steeds vasbeslote om in 2008 weer vir president in Zimbabwe te staan.

free moneyФильчаков прокурор

Grondeise n? spertyd ingedien

Die streeksgrondeisekommissie in Limpopo word daarvan beskuldig dat hulle grondeise ten minste vyf jaar ná die spertyd van Desember 1998 aanvaar het.

Volgens plaaslike boere het mev Mary Rall, wat saam met haar man Jack die Rietfontein-plaas naby Potgietersrus besit, op 29 Mei ’n beroerte gehad toe sy uitvind dat so ’n grondeis nou ook op haar gesin se plaas ingestel is. In 2005 het die Limpopo-kommissie Jack Rall (wat aan Parkinson se siekte ly) skriftelik verseker dat daar geen eise op sy plaas was nie.

Volgens Dries Joubert van die Transvaalse Landbou-unie (TLU) is hierdie soort onregverdigheid egter algemeen. Hy het die kommissie daarvan beskuldig dat hulle lank ná die afsnydatum van Desember 1998 aangehou het om grondeise te registreer en te publiseer. “Dit is tyd dat blanke kommersiële boere duidelik verklaar dat hulle die reg het om hulle grond terug te eis as hulle dit weens onregverdige administratiewe aksie verloor het,” meen Joubert.

Hy het ’n beroep op boere gedoen om daarop aan te dring om die oorspronklike grondeise te sien ten einde seker te maak dat sulke eise nie ná 1998 ingedien is nie. “Grondeienaars word al meer ongeduldig,“ het Joubert voorts gesê.

Volgens ’n woordvoerder van die Limpopo-streeksgrondeisekommissie, Dimakatso Kekana, is dit inderdaad die geval dat eise wat ná die afsnydatum ingedien is, ongeldig is. Op ’n vraag of die kommissie die Rietfontein-geval sal ondersoek, het sy gesê: “Ek weet nie wat in so ’n geval gebeur nie, maar ons kan ons regsdepartement vra om ’n oplossing te probeer vind.“

нужно оборудованиеОлександр Васильович Фільчаков

Energiekonferensie in Botswana

Botswana, bekend vir sy diamante en wildlewe, wil graag beleggers oortuig dat aansienlike neerslae steenkool die streek van ‘n dreigende energiekrisis sal red. Sakelui van Indië, Australië, die VSA en Suid-Afrika is onder die 200 deelnemers by ‘n geleentheid wat die regering vir Donderdag en Vrydag in Gaberone gereël het.

Die Mmamabula-steenkoolveld is, behalwe die Waterberg-neerslag, die grootste onontginde veld in die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Dit bevat ‘n geraamde 3 miljard ton steenkool en daarvan is 1,29 miljard ton reeds gemeet en aangedui. ‘n Verdere veronderstelde 78 miljard ton word by die beskikbare neerslag gereken.

 
Die Toronto- asook Botswana-aandelebeursgenoteerde CIC Energy Corp sal die nuwe geïntegreerde aanleg en kragstasie ontwikkel saam met International Power plc. Aangesien die prys van die projek gestyg het vanweë die wêreldwye belangstelling in energie, moet bykomende beleggers gevind word om die enorme skuldlas te help dra.

Kgomotso Abi, regeringsamptenaar van Botswana meen dit is skandalig dat dié beskikbare grondstof so afgeskeep word en dat sy land net 1 miljoen ton per jaar lewer. Die Mmamabula-projek word as onontbeerlik vir die streek se ontwikkeling geag omdat elektrisiteitsvoorsiening reeds nie na wense geskied nie.

Nie net in Suid-Afrika is daar tekorte en moet Eskom die publiek daagliks aan besparing herinner nie. Die minister van Energiesake van Zambië het in April aangekondig dat sy land nie met die stygende aanvraag van 1 600 megawatt tans tot 4 500 megawatt in 2010 kan voorbly nie.

In Zimbabwe is toestande besonder sleg en die land moet 40% van sy elektrisiteit invoer van Zambië en die DRK. Net soos Zambië nie hul buurman langer van hulp sal kan wees nie, is die DRK ook nie in staat om elektrisiteit vir uitvoerdoeleindes te lewer nie omdat daar ‘n dringende energietekort aan die tuisfront dreig.

Suid-Afrika sal die grootste voordeel uit die nuwe Mmamabula-stasie trek van tussen 2 100 MW tot 2 400MW. Net die opbrengs van een van die 15 myne wat tans in Botswana ontgin word is voorts groot genoeg om na markte in China en Indië verskeep te word. Die Richardsbaaispoorlyn sal egter opgegradeer moet word om so ‘n vragtoename te kan hanteer.

Blessed Chitambira, ingenieur van die Mynwese-departement van Botswana, het benadruk dat sy land nie al hul rykdom aan buitelanders sal afstaan nie en dat omgewingsfaktore swaar sal weeg om te keer dat bronne oorbenut word. Omgewingskenners neem ook deel aan die konferensie op dieselfde vlak as beleggers en steenkoolmynspesialiste sodat die "geologiese omgewing van Botswana" nie uit die oog verloor word nie. Die myn sal uit ‘n oopgroef- sowel as ‘n ondergrondse deel bestaan.

Suid-Afrikaanse kennis is aangewend in die bestuur van die projek. Wynand Marais is as HUB aangestel. Ander bestuurders, veral ondergrondse mynspesialiste, wat met die hand uitgesoek is, is Jock Nel, Ronnie van Eeden, en Tegniese Direkteur Dr Jacob van der Merwe.

Alhoewel Botswana se groeikoers van 9% afgeneem het na 5%, is dit steeds ‘n prestasie vir ‘n Afrikaland. Dit is uitsluitlik natuurlik te danke aan toerisme en veral diamante wat verantwoordelik is vir 77% van uitvoerinkomste wat die staat inoes. Ten spyte van die ekonomiese welslae bly die werkloosheidkoers egter tussen 24% en 40%.

справку пндФильчаков прокурор отзывы

Vliegtuig van AAL verongeluk

Image

Nog ‘n vliegongeluk

Ses mense het Donderdag die lewe gelaat in ‘n ongeluk nadat ‘n Boeing 737 van die nasionale lugredery van Angola, Angola Air Lines, ‘n noodlanding moes uitvoer. Die nuus is deur die Angolese persagentskap, Angop, bekend gemaak. Afrika spog reeds met die swakste lugvaartrekord ter wêreld en hierdie is die tweede noodlottige voorval wat die kontinent in Junie opgelewer het.

 
Aan die begin van die maand het ‘n Boeing 737 van Kenyan Airlines neergestort nadat dit van Kameroen se Douala-lughawe opgestyg het oppad na Nairobi. Die ongeluk het 114 lewens geëis. Dié lugredery het voorheen gespog met ‘n veilige diens aangesien Air France-KLM ‘n 26% aandeel besit.
 
Nigerië het die ergste rekord van alle tye opgestel so onlangs as tussen 2005 en 2006 toe 200 mense in lugongelukke omgekom het. Dit het IATA genoop om ‘n ‘Partnership for Safety’ program van stapel te stuur in samewerking met Pratt & Whitney asook Boeing aan die begin van 2007.
 
Die hoof van Angolese Inligting (TAAG), Mario Perreira, het bevestig dat ‘n vliegtuig verongeluk het, maar kon nie ‘n aanduiding gee van die aantal slagoffers of passasiers nie. In Luanda het ‘n Direkteur van ‘n maatskappy wat vir lughawe-onderhoud verantwoordelik is, Celso Rosa, egter gesê daar was 70 passasiers aanboord.
 
Die Angolese vliegtuig het blykbaar op die lughawe van Mbanza-Kongo ‘n noodlanding uitgevoer waarna dit in ‘n gebou gebots het en aan die brand geslaan het. Die gebou is in puin gelaat. Die lughawe is 480km noord vanaf die hoofstad geleë naby die grens van Gaboen en die Kongo. Die vlug het gister omstreek een-uur van Luanda opgestyg.

Meneer Rosa het ook aangedui dat daar "geen probleem met die toestand van die vliegtuig was wat die ongeluk kon veroorsaak nie". Die onderhoud was glo op datum. Angop beweer insgelyks in hul verklaring dat die loodse nie die vliegtuig na die landing onder beheer kon bring nie.

Daar heers ook nog geen eenstemmigheid oor die dodetal of die aantal reisigers nie. Volgens die Angolese staatsradiodiens is 4 mense oorlede en 66 van die 70 passasiers beseer. Angop maak melding van 78 passasiers waarvan 6 gedood is. Laasgenoemde bron beweer voorts dat ‘n Italiaanse priester, George Zulanelo, onder die oorledenes is.

Omdat daar geen gesondheids- of nooddienste in die noorde is nie, moes TAAG inderhaas ‘n Boeing na Mbanza-Kongo stuur om die beseerdes te gaan haal en na Luanda terug te bring vir mediese sorg. Dokters, verpleegsters en ‘n tegniese span was aan boord. ‘n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is ondertussen gelas.

сауны своимиАлександр Фильчаков