Mynhuis steek SEB-vennoot in die pad

Image

Thuthukile Skweyiya

Wescoal het hulle voorsitster, Thuthukile Skweyiya, afgedank op grond van gebrek aan prestasie. Hulle soek tans na ’n ander swartekonomiesebemagtigingsvennoot. Skweyiya, vrou van minister Zola Skweyiya, Thembeka Tulwana en Johannes Nieman is nie meer lede van die Wescoal-raad nie. Al drie is lede van die SEB Fikza-konsortium. Skewyiya is verder ook voorsitter van Wesizwe Platinum.

Die oorblywende Wescoal-direkteure het Fikza se belange ter waarde van R13 miljoen teruggekoop en is tans op soek na ’n nuwe SEB-vennoot. Volgens Andre Boje, uitvoerende bestuurder van Wescoal, het hulle Fikza-vennote nie hul woord gestand gedoen deur transaksies te beding wat Wescoal in staat sou stel om hul eie steenkoolmyne in bedryf te stel nie. “Ons is op soek na mense wat kan bydra en bereid is om hulle hande vuil te maak.” Wescoal verkoop ongeveer 1,2 miljoen ton steenkool per jaar wat by derde partye aangekoop word.

Skweyiya het aan die einde van 2003 na Suid-Afrika teruggekeer toe haar kontrak as ambassadeur in Frankryk verstryk het. Sy en haar man was verlede jaar in die nuus toe dit op die lappe gekom het dat Sandi Majali van Imvume Management R65 000 aan die egpaar “geleen het“ om verbeteringe aan hulle woning in Waterkloofrif aan te bring. Dit het gebeur vier weke nadat Majali se ander maatskappy, It Lynx, by Zola Skweyiya daarop aangedring het dat die minister werk maak van hulle R400 miljoen-tender. Mev Skweyiya was verder aan die einde van 2005 deel van die uitgelese groepie wat saam met Phumzile Mlambo-Ngcuka in die Verenigde Arabiese Emirate gaan vakansie hou het. Die besoek het die belastingbetaler R700 000 uit die sak gejaag.

In April vanjaar het Bisichi Mining vir Sipho Dube en Duku Mogoai gevra om die raad van die groep se Black Wattle-maatskappy te verlaat. Hulle het verder die transaksie gekanselleer ingevolge waarvan die twee SEB-vennote ’n aandeel van 37,5% in Black Wattle gehad het. Dube is tans besig met regsaksie teen Bisichi.

оборудование для автосервисаАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae