Plan om Zim-dollar te red

ImageDie Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is tans besig met ’n plan om die Zimbabwiese dollar aan die Suid-Afrikaanse rand te koppel. Die plan behels dat die monetêre area van Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en Swaziland uitgebrei sal word om Zimbabwe in te sluit. Die rand kan tans in al hierdie gebiede gebruik word en plaaslike geldeenhede is daaraan gekoppel. Dit bring mee dat hulle wisselkoers stabiel bly teenoor die Amerikaanse dollar en ander geldeenhede.

Amptelik is die inflasiekoers in Zimbabwe tans 4 500%, maar die werklike koers is waarskynlik dubbel so hoog. Dit het die Zimbabwiese dollar en Zimbabwiese salarisse feitlik waardeloos gemaak. Op die swart mark word die Amerikaanse dollar tans vir Z$250 000 verhandel.

Ingevolge die SAOG-plan sal die reserwebanke van Suid-Afrika en Botswana geld aan die Zimbabwiese reserwebank gee om die bank aan die gang te hou. Die idee is om in ruil vir geldelike bystand president Robert Mugabe tot politieke hervormings oor te haal.

Verteenwoordigers van Mugabe se ZANU-PF en die MDC-opposisieparty begin vandag buite Pretoria met onderhandelinge oor die politieke situasie in Zimbabwe.

99spravokлобановский александр фото