Mugabe paai sy honger burgers

Image

Mugabe in Akkra

Die Zimbabwiese regering het gister gedreig om sake-ondernemings te sluit wat weier om pryse van hul produkte met die helfte te verminder. Verlede week het Mugabe opdrag gegee dat die koste van alle basiese goedere en dienste met 50% gesny moet word. Dit volg op ’n prysstyging van 300% in een week se tyd. Meeste besighede het egter die opdrag verontagsaam en in sommige winkels het produkte eenvoudig van die rakke af verdwyn.

Die regering het ’n spesiale eenheid aangewys om seker te maak dat die opdrag uitgevoer word. Hulle het reeds meer as twintig besigheidslui in hegtenis geneem.

Waarnemende president Joseph Msika het Maandag gesê ondernemings wat nie gehoor gee aan die regering se opdrag nie, is ”verraaiers” wat met buitelandse magte saamwerk om die Mugabe-regering tot ’n val te bring. ”Ons sal nie ons pogings laat vaar om hierdie ongewenste situasie reg te stel nie. Sommige gewetenlose vervaardigers bly uitdagend en skep ’n kunsmatige gebrek aan goedere,” het Msika gesê. “Ons sal nie verraaiers, drosters en geldknoeiers toelaat om in te meng met ons goeie lewe nie,” was sy waarskuwing aan sakelui.

Robert Mugabe is tans in Akkra, waar hy die beraad van Afrika-unieleiers bywoon. Verlede Woensdag het hy buitelandse maatskappye in Zimbabwe gedreig dat hy hulle sal nasionaliseer. Dit lyk of Mugabe probeer om met hierdie soort uitsprake sy rustelose bevolking te paai.

Eergister het Mugabe ’n jubelende skare in Ghana toegespreek en ’n beroep op politieke en ekonomiese eenheid in Afrika gedoen. ”Om eerlik te wees, as ons nie ons sokkies optrek, begin organiseer en ons hulpbronne gesamentlik aanwend nie, sal ons nooit welvarend word van hulp wat uit bronne buite Afrika ontvang word nie,“ het hy die toehoorders vermaan. Mugabe is nou 83 jaar oud en steeds vasbeslote om in 2008 weer vir president in Zimbabwe te staan.

free moneyФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae