Zuma se klaagster nou veilig en gerieflik

Image

Jacob Zuma

Die 32-jarige Fezeka Kuzwayo wat verlede jaar vir Jacob Zuma, voormalige adjunkpresident, aangekla het van verkragting, het pas verblyfreg vir vyf jaar in Nederland ontvang. Volgens Kuzwayo, wat MIV-positief is, is sy bang dat Zuma-ondersteuners op haar sal probeer wraak neem.

Die Nederlandse regering het gister aangekondig dat Kuzwayo en haar ma verlede jaar in Nederland aangekom het na aanleiding van ’n uitnodiging van ’n plaaslike vigs-organisasie. ’n Verblyfpermit van vyf jaar is pas aan haar en haar ma uitgereik.

Zuma is in 2006 vrygespreek op die aanklag dat hy Kuzwayo die vorige jaar in sy woning sou verkrag het. Sy is ’n vriendin van die Zuma-familie. In ’n onderhoud met De Volkskrant het Kuzwayo gesê sy en haar ma vrees wraak deur Zuma-ondersteuners en dat hulle ook nie veilig sou voel in ander Afrika-lande wat Zuma ondersteun nie. “Hy was soos my pa. Maar dit wás verkragting. Ek wil hom dood hê,” het sy aan die koerant gesê.

Volgens De Volkskrant het Kuzwayo daarin geslaag om verblyf in Nederland te bekom aangesien haar oorlede pa ’n prominente ANC-lid was wat bande met Ben Bot, voormalige minister van buitelandse sake in Nederland, gehad het.

Kuzwayo en haar ma woon tans in ’n woonstel in Amsterdam wat deur die vigs-stigting, wat hulle na die land genooi het, verskaf is. Kanada en Brittanje was skynbaar ook bereid om asiel aan die ma en dogter te verleen.

как построить саунуФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae