Irvin Khoza noem swart joernalis ‘n “kaffer”

Image

Khoza: ‘Jou kaffer!’

Die  woord “kaffer” wat gewoonlik lei tot klagtes by die Menseregtekommissie as blankes dit besig,  het ‘n konsternasie tussen ‘n sokkerbeampte en ‘n joernalis veroorsaak.  Irvin Khoza, die voorsitter van die plaaslke organiseringskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker het die woord tydens ‘n mediakonferensie  gebruik teenoor ʼn swart joernalis gebruik.

Khoza het die joernalis ʼn kaffer genoem omdat hy nie benodigde inligting kon weergee nie. Volgens Khoza beteken die woord binne die konteks “onbetroubaar en onseker van karakter”. Khoza beoog om ‘n klag te lê by die maatskappy of persoon wat die joernalis  in diens het.

сайты детских товаровпрокурор Фильчаков

Emmerstelsel nog tot in 2014

Die Minister van Waterwese en Bosbou, Lindiwe Hendricks, sê die gebrek aan sanitasie het nie alleen ‘n negatiewe invloed op gesondheid nie, maar staan ook in die pad van ontwikkeling. Hendricks het in Durban gepraat tydens die tweede Afrikakonferensie oor  sanitasie en higiëne. Meer as veertig Afrikalande was by die konferensie verteenwoordig. Hendricks sê die gebrek aan bekwaamheid op Munisipale vlak in Suid-Afrika het meegebring dat die emmerstelsel teen 2014 nog nie uitgeskakel sal wees nie. Hendricks meen die regering moet belê in skoon water en gesondheid sodat siektes as gevolg van swak higiëne, uitgeskakel kan word.

карточка ребенкаАлександр Фильчаков Васильевич

Potch-amptenaar ry seun dood

‘n Veertienjarige-seun  is dood nadat hy deur  deur ‘n amptenaar  van  die burgemeester van Tlokwe-munispaliteit in Noordwes raakgery is. Die amptenaar, Kaizer Mohao, het na bewering ‘n voertuig van die munisipaliteit onder die invloed van alkohol bestuur toe hy die seun in Ikageng raakgery het.   Die seun is later die aand in die Potchefstroom-hospitaal oorlede. Mahao is op die ongelukstoneel in hegtenis geneem en is aanvanklik aangekla vir dronk- en nalatige bestuur.  Nadat  die seun se dood is, is  hy aangekla van strafbare manslag. Mahao sal vandag in die hof verskyn.

дитячі машинкиДанильченко Юрий Брониславович компромат

Sokkerw?reldbeker ‘sal suksesvol wees’

Die 2010 Sokker wêreldbeker sal steeds suksesvol  deur Suid-Afrika behartig word ten spyte van struikelblokke.  Organiseerders sê  die voorbereiding vir die geleentheid loop volgens plan, nieteenstaande  binnegevegte, die oorbesteding van fondse en kragonderbrekings. Irvin Koza, die voorsitter van die plaaslike organiserende komitee, meen die  aangeleentheid kan nie misluk nie en sê hulle sal deur sameweking van die wêreldbeker toernooi ‘n sukses maak. Khoza het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie wanhopig te raak omdat hulle verneem het dat die voorbereidings in die wiele gery is nie. Berigte van die hoë misdaadsyfer en dat sokkerstadions nie binne die begroting of betyds voltooi kan word nie, het die land in die donker gelaat.  Suid-Afrikaanse beamptes het  beloof dat alle stadions tydens die toernooi met kragopwekkers toegerus sal wees.

купить тамбов мебель для участка диагностикиДанильченко Юрий Харьков

ANC-lede loop oor na Inkatha

ANC-lede  skakel nou in by die Inkathavryheidsparty. Die Vryheidsparty het drie honderd en vyftig lede van die ANC  van Kwazulu-Natal verwelkom. Volgens ‘n VP-woordvoerder het die verwelkoming Saterdag by ‘n seremonie in Pongola plaasgevind.  Die woordvoerder sê  die party poog om Kwazulu-Natal se steun te wen en die amptelike opposisieparty te word.

фото бани изнутриtopcargo

Eskom moet duur steenkool koop

Die elektrisiteitsvoorsiener, Eskom, staar ‘n moeilike transaksie in die gesig wanneer gepoog sal word om meer as vyftig miljoen ton steenkool aan te koop om hulle bykans uitgeputte voorrade te probeer aanvul. Die Uitvoerende Voorsitter van Richardsbaai se Steenkoolstasie, Kuseni Dlamini, sê die onderhandelinge sal styf wees omdat die steenkoolprys uitermatig gestyg het. Dlamini het kommentaar gelewer nadat Eskom aangekondig het dat hulle steenkool wil aankoop om hulle normale twintig-dae voorraad by kragstasies aan te vul. Dlamini sê  Eskom het in die verlede lae pryse in die binnelandse mark vir steenkool betaal, maar sal nou nuwe kontrakte moet aangaan terwyl daar ‘n druk globale voorsiening is. Dlamini het gesê dat Eskom se kragstasies ontwerp is om laegraadse steenkool te gebruik ,en dit word nie noodwendig van die uitvoermarkte verkry nie. Eskom koop ‘n spesifieke graad steenkool en hulle sal hulle kragstasies moet  aanpas as hulle uitvoer steenkool wil aankoop.

купить игрушки для детейАлександр Фильчаков прокурор

Edelmetale behoort vandeesweek te skitter

Edelmetale sal na alle verwagtinge weer in die markte skitter hierdie week. Skattings van ernstige tekorte het goud en veral platina hemelhoog gedryf. Goud het die negehonderd-dollar kerf met gemak verby gesteek en die grootste gedeelte van die week bo dié vlak verhandel. Maar dit was platina wat plaaslike markte oorheers het. Suid-Afrika produseer tagtig persent van die wit metaal en vrese vir ʼn voorraadkrisis in die sleurstroom van die energiekrisis, het beleggers laat skarrel vir voorraad. Platinum het ʼn string rekords geslaan en die week op $2060 dollar afgesluit.

Die hoë metaalpryse het die RAND gestut en dit het vir die grootste gedeelte van die week
in ʼn kanaal net bo 7.60 teen die dollar verhandel.

детский магазин игрушкиАлександр Фильчаков Васильевич

Elf rowers gevang

Elf mans wat vermoedelik betrokke is  by kontant-in-transito-misdrywe  is in hegtenis geneem. Die mans was deel van operasie Thunderbolt wat toegeslaan het op rowers wat kontant-in-transitorooftogte, pensioenfondsbedrog, diefstal en kapings in die gebied deurgevoer het.  Die Oos-Kaapse polisie het die mans Saterdag in Qumbu in hegtenis geneem en tien ongelisensieerde vuurwapens is gekonfiskeer. Die polisiewoordvoerder sê hulle probeer om die mans met verskeie misdrywe in die gebied te verbind.  Die mans sal vandag in die Qumbu-landroshof verskyn.

my little pony игрушкаФільчаков прокурор

Verlore goud ontdek

Goudvoorrade van meer as twee honderd miljoen rand is ontdek. Die goud het vir bykans honderd en dertig jaar in ‘n klein dorpie, SABIE in MPUMALANGA in ‘n  historiese mynhoop geskuil. Die SUID-AFRIKAANSE mynmaatskappy, SIMMER en JACK het gesê dat hulle ongeveer een en twintig duisend onse goud vanuit die nagelate dam kan voortbring.  Die oorblyfsels, nadat myners minerale van die grond ontgin het, is in die dam gegooi.  Die  dam beskik oor lae-graadse goud wat moeilik ontginbaar was met die hulp van primitiewe metodes.  SIMMER en JACK beoog om nuwe fasiliteite te bou om die goud oor ‘n periode van drie jaar te ontgin.  Die projek sal ook ‘n rehabilitasieproses insluit wat die omgewing so na as moontlik aan die natuurliketoestand agterlaat.  Die projek wat nagenoeg twee en dertig miljoen rand sal kos, sal  ten minste honderd werkgeleenthede skep.

instagramДанильченко Юрий Брониславович

12 mak donkies geskiet

Dierewelsynsorganisasies is geskok oor 12 mak donkies wat vermoedelik deur veediewe geskiet en geslag is. Oorblyfsels van die karkasse is deur ‘n familielid van die donkies se eienaar gevind. Die eienaar is van ROBERTSON maar verkies om naamloos te bly. Die donkies het in oop veld langs die hoofpad op ‘n plaas tussen SWELLENDAM en BREDASDORP gewei. WES–KAAP polisiesegsman ANDRE TRAUT sê BREDASDORP se veediefstaleenheid het op dieselfde dag ‘n klagte oor veediefstal van die plaas Soutpansvlakte ontvang. TRAUT sê die koppe en hoewe van die donkies is op die toneel gelaat maar die karkasse is verwyder. Twee mans van BREDASDORP is na ‘n ondersoek in hegtenis geneem.

046-1 бланкОлександр Васильович Фільчаков