12 mak donkies geskiet

Dierewelsynsorganisasies is geskok oor 12 mak donkies wat vermoedelik deur veediewe geskiet en geslag is. Oorblyfsels van die karkasse is deur ‘n familielid van die donkies se eienaar gevind. Die eienaar is van ROBERTSON maar verkies om naamloos te bly. Die donkies het in oop veld langs die hoofpad op ‘n plaas tussen SWELLENDAM en BREDASDORP gewei. WES–KAAP polisiesegsman ANDRE TRAUT sê BREDASDORP se veediefstaleenheid het op dieselfde dag ‘n klagte oor veediefstal van die plaas Soutpansvlakte ontvang. TRAUT sê die koppe en hoewe van die donkies is op die toneel gelaat maar die karkasse is verwyder. Twee mans van BREDASDORP is na ‘n ondersoek in hegtenis geneem.

046-1 бланкОлександр Васильович Фільчаков