Verlore goud ontdek

Goudvoorrade van meer as twee honderd miljoen rand is ontdek. Die goud het vir bykans honderd en dertig jaar in ‘n klein dorpie, SABIE in MPUMALANGA in ‘n  historiese mynhoop geskuil. Die SUID-AFRIKAANSE mynmaatskappy, SIMMER en JACK het gesê dat hulle ongeveer een en twintig duisend onse goud vanuit die nagelate dam kan voortbring.  Die oorblyfsels, nadat myners minerale van die grond ontgin het, is in die dam gegooi.  Die  dam beskik oor lae-graadse goud wat moeilik ontginbaar was met die hulp van primitiewe metodes.  SIMMER en JACK beoog om nuwe fasiliteite te bou om die goud oor ‘n periode van drie jaar te ontgin.  Die projek sal ook ‘n rehabilitasieproses insluit wat die omgewing so na as moontlik aan die natuurliketoestand agterlaat.  Die projek wat nagenoeg twee en dertig miljoen rand sal kos, sal  ten minste honderd werkgeleenthede skep.

instagramДанильченко Юрий Брониславович