Betogings by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie het die staking van klasse genoodsaak. Die Vise-kanselier, Errol Tyobeka, sê geweld kon maklik tussen die studente uitgebreek het en die veiligheid van studente en personeel is eerste prioriteit. Die studente staak oor finansiële aangeleenthede. Spanning het opgebou tussen swart en blanke studente omdat die blanke studente met die klasse wil voortgaan, terwyl swart studente die steun van die wit studente wil hê. Die president van die Suid-Afrikaanse Studente-unie, Lucky Phosa, meen die betoging het te doen met ‘n botsing tussen bevoorregte studente en minderbevoorregte studente. Daar sal tot Vrydag geen klasse wees nie.
Volgens die dagblad Beeld, het wit en swart studente mekaar met klippe bestook. Mnr. Werner Joubert, ’n student en lid van die VF+ op die kampus, het gesê hy is een van verskeie studente wat die betogers gister met klippe gegooi het. Volgens die SR-lid, mnr. Pieter Janse van Rensburg, het van die swart studente rassistiese slagspreuke geskree soos “kill the Boer” en “F*** you whites”.
Volgens Janse van Rensburg is dit verbasend dat blanke studente vir kampuskwessies geblameer word, aangesien die bestuur van die TUT geheel en al getransformeer is en tans swart is. “Sasco, Pasma en die sentrale studenteraad (SR) lei die optog. Hierdie uitlatings dui op die onderliggende rassisme teen blankes op die TUT,” het hy gesê.
Nadat hulle verwoesting op die Pretoria-Wes-kampus gesaai het, het die oproerige studente daarop aangedring om met busse na die Arcadia-kampus geneem te word. Daar het hulle veiligheidshekke oopgebuig en oor hoë mure geklim. Studente en dosente is geïntimideer en hardhandig uit klasse gejaag.
Een ouer van ‘n student het dit bekla dat sy hoë klasgelde moet betaal en nogtans word haar kind verhoed om te studeer. “Dit is regtig onaanvaarbaar dat ’n paar barbare die plek plunder. En wat van ons wat ten duurste vir ons kinders se studies betaal?” het sy gesê.
free games.co.ukДанильченео