Zuma vriendelik in Orania ontvang

President Jacob Zuma het Dinsdagoggend in Orania in die Noord-Kaap vir ‘n besoek aan dié Afrikanergemeenskap aangekom.

Die president het kort na 09:00 in ‘n wit Oryx-helikopter geland en is deur plaaslike inwoners en skoolkinders verwelkom.

Die stigter van Orania, Carel Boshoff IV, en sy seun Carel Boshoff V, wat ook die burgemeester van die dorp is, het Zuma by die gemeenskapsaal verwelkom.

Zuma is insgelyks deur skoolkinders, wat hoofsaaklik in oranje geklee was, verwelkom.

Boshoff snr. het die president aan gemeenskapsleiers voorgestel voordat hulle vir ‘n privaat vergadering vertrek het.

Zuma sal na verwagting ná die vergadering besoek aflê aan behuisingsprojekte en verskeie landbouprojekte in Orania.

инструмент минсклобановский александр дочь

‘Idioties en gevaarlik’ om Koran te verbrand

Die top-wetstoepassingsbeampte in Amerika het ‘n kerk in Florida se planne om op die herdenking van die 11 September 2001-aanvalle kopieë van die Koran te verbrand, as “idioties en gevaarlik” bestempel.

Prokureur-generaal Eric Holder het Dinsdag dié woorde gesê nadat hy met geestelike leiers vergader het oor maniere om ‘n anti-Islamitiese golf in Amerika te konfronteer, te midde planne van ‘n evangeliese pastoor om Saterdag ‘n seremonie te hou waartydens kopieë van die Koran verbrand sou word.

Pastoor Terry Jones het gesê die verbranding van die Koran-kopieë is daarop gemik om “dié te onthou wat op 11 September brutaal vermoor is,” en om ‘n boodskap te stuur aan “die radikale element van Islam”.

насосы длялобановский александр досье

VF+ kla dat ANC joernaliste intimideer

“Die onafwendbare afleiding uit die jongste besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), om die klagtes teen die joernalis Mzilikazi Wa Afrika terug te trek, is dat die optrede van die NVG en Polisie nie deur suiwere regsplegingbeginsels en geregtigheid gemotiveer was nie. Die terugtrekking van kriminele klagtes teen die joernalis Mzilikazi Wa Afrika word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Die party spreek egter sy teleurstelling uit met die optrede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Polisie. Die feit dat die klagtes teen Wa Afrika nou teruggetrek is, bewys dat die NVG en die Polisie oorhaastig opgetree het,” het dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus en adjunkminister van landbou gesê.

“Die tydsberekening van die optrede van die NVG lei daartoe dat die afleiding gemaak word dat die staat sy magsinstrumente misbruik het om ‘n joernalis wat ongemaklike berigte oor die ANC skryf, te intimideer. Op watter gronde word ‘n joernalis gearresteer en aangehou as daar so min van ‘n saak teen hom is dat die saak uit die hof gegooi word?” het Mulder gevra. Die NVG moes toe reeds aanvaar het dat nuwe klagtes teen Mzilikazi Wa Afrika nie gebring moes word totdat die Polisie en NVG die saak voldoende ondersoek het nie.

“Hierdie voorval van magsmisbruik en die inperking van mediavryheid in Suid-Afrika het reeds die goeie internasionale beeld van Suid-Afrika na die Wêreldbekersokkertoernooi onherstelbare skade aangedoen. Omdat dit alles plaasvind midde in ‘n debat oor die moontlike instelling van ‘n media-tribunaal, is die skade soveel erger,” volgens dr. Mulder.

светодиодные лампы москваФильчаков Александр Васильевич

Mediatribunaal kom

Die ANC se voornemens om ‘n mediatribunaal op te rig sal voortgaan  het pres. Jacob Zuma Woensdag in die parlement gesê. Die media is tans besig om sy eie reëls van selfregulering te hersien om die skepping van die tribunaal te probeer verhoed. 

Zuma was egter vasbeslote om met ‘n ondersoek na die moontlikheid van ‘n mediatribunaal voort te gaan.

“Die persraad kan maar sy eie oorsig doen. Die media het in amper ‘n dekade nog nooit selfondersoek gedoen nie, tot die ANC die tribunaal-kwessie geopper het,” het die president gesê.

Die manier waarop die media verskoning maak vir foutiewe beriggewing, lei tot groot ongelukkigheid, het Zuma gesê.

“Wanneer die media sy foute erken, is die verskonings niksseggend. Ons móét die moontlikheid van ‘n tribunaal ondersoek, sodat daar ‘n ander toevlug is as mense nie tevrede is nie.”

Mario Oriani-Ambrosini (IVP) het die Franse filosoof Francois Voltaire se woorde aangehaal in ‘n opvolgvraag: “Net soveel soos wat ek haat wat hulle oor my skryf, soveel sal ek hulle rég om dit te skryf, verdedig.”

Zuma het gelag vir die aanhaling en gesê: “Dit is die agbare lid se demokratiese reg om die media toe te laat om enigiets oor hom te skryf. maar menseregte is vir die ANC baie belangrik en niemand kan ons iets daarvan leer nie.

“Dit is ons plig om na ander se menseregte om te sien en ons sal nie swig voor die media se onregverdige verslaggewing nie.”

игры для детеи 6 летФильчаков прокуратура харьков

Malema wil nasionalisering van myne harder dryf

Volgens Julius Malema, ANC-jeugligaleier, is pres. Jacob Zuma is nie ‘n gedissiplineerde lid van die ANC nie. Malema het Zuma veroordeel omdat hy volhou dat nasionalisering van Suid-Afrika se myne nie ‘n amptelike beleid van die party is nie.

Zuma het verlede naweek die uitgesproke jeugleier in bedwang probber hou deur te maan dat juniorlede van die ANC na seniorlede moet luister. Malema het Dinsdag op Zuma se uitlatings gereageer.

“Ons moet na mense wat hulself leiers van die ANC noem luister, wat die ANC beter as almal van ons ken – wat sê nasionalisering is nie ‘n ANC-beleid nie,” het Malema aan afgevaardigdes by die Mining for Change-konferensie in Sandton gesê.

Dit was ‘n duidelike verwysing na Zuma se herhaaldelike versekeringe dat die jeugliga onderworpe is aan die leiers van die ANC se riglyne.

“Hulle is reg as hulle sê dit is nie die regering se beleid nie. Maar dit is die ANC se beleid en ons wil dit weer van toepassing maak sodat dit ‘n regeringsbeleid word,” het Malema gesê.

мыльные наборыданильченко юрій Харків

Fidel Castro erken dat kommunisme nie werk nie

Fidel Castro het aan ‘n besoekende Amerikaanse joernalis vertel dat Kuba se kommunistiese ekonomiese model nie werk nie, in wat as ongewone kommentaar op interne sake beskou kan word aangesien die afgetrede leier nie oor plaaslike kwessies praat sedert sy afskeid vier jaar gelede nie.

Die feit dat niks doeltreffend werk op hierdie kontant-arm eiland nie, is skaars nuus. Fidel se broer Raul, die land se president, het herhaaldelik dieselfde ding gesê. Maar dié erkenning deur die vader van Kuba se 1959-rewolusie het wenkbroue laat lig.

Jeffrey Goldberg, ‘n nasionale korrespondent vir The Atlantic tydskrif, het gevra of Kuba se ekonomiese stelsel nog steeds die moeite werd is om uit te voer na ander lande, en Castro het geantwoord: “Die Kubaanse model het selfs vir ons nie gewerk nie.” Goldberg het Woensdag daaroor berig op sy kletswerf.

Goldberg, wat verlede week na Kuba gereis het op Castro se uitnodiging om oor Iran se kernprogram te berig, het ook Dinsdag gesê dat Castro sy eie optrede tydens die 1962-Kubaanse krisis bevraagteken, insluitende sy aanbeveling aan die Sowjet-leiers om kernwapens teen die Verenigde State te gebruik.

Selfs na die val van die Sowjet-Unie, Kuba het sy kommunistiese stelsel behou.

Die staat beheer meer as 90 persent van die ekonomie en betaal werkers salarisse van sowat $20 per maand in ruil vir gratis gesondheidsorg en onderwys, en byna gratis vervoer en behuising. Ten minste ‘n gedeelte van elke burger se voedselbehoeftes word deur middel van rantsoene teen swaar gesubsidieerde pryse verskaf.

Castro se onderhoud met Goldberg is die enigste een met ‘n Amerikaanse joernalis sedert hy uitgetree het.

of thronesдепутат лобановский

Polisie oral in Maputo ontplooi

Die polisie in Mosambiek is Maandag in arm woongebiede in Maputo ontplooi om nuwe oproer oor verhoogde kospryse te keer.

Tien mense is verlede week in gewelddadige betogings in die gebied dood.

Oor die naweek het SMS-boodskappe deur die stad versprei om Mosambiekers aan te moedig om Maandag weer die strate in te vaar.

Die polisie het die middestad gepatrolleer, terwyl vragmotors nog polisiebeamptes na omliggende gebiede, waar die ergste geweld verlede week uitgebreek het, aangery het.

“Ons het nie enige voorvalle oor die naweek gehad nie, maar daar is gerugte dat mense Maandag weer met betogings gaan begin,” het Arnaldo Chefo, ‘n woordvoerder van die Maputo-polisie gesê.

“Ons het nou al ons magte op die grondvlak ontplooi om die situasie so gou as moontlik onder beheer te kan kry. In dié stadium is daar egter geen teken dat betogings weer gaan opvlam nie,” het Chefo gesê.

Verlede Woensdag het betogings in Maputo uitgebreek. Mense het die paaie met brandende bande versper uit protes teen hoë brandstof- en kospryse.

Dié betogings na die verskeie dorpe in sentrale gedeeltes van die land versprei. Sowat 450 mense is tydens gewelddadige gevegte met polisie beseer en 159 mense in hegtenis geneem.

сделать освещение в магазинетопкарго

Duitse herrie oor bankier se uitlatings oor Turke en Arabiere

Thilo Sarrazin‘n Raadslid van die Bundesbank, die Duitse reserwebank, loop gevaar om afgedank te word as gevolg van sy uitsprake oor Turke, Arabiere en ander immigrante. Thilo Sarrazin (64), ‘n voormalige minister van finansies van die Berlynse deelstaat, het op 30 Augustus ‘n boek gepubliseer met die titel, Deutschland schafft sich ab (Duitsland skaf homself af), waarin hy omtrent elke taboe in die polities korrekte boek oortree.

Volgens Sarrazin, is daar neigings onder Duitsland se Moslembevolking om nie te integreer en om meer op welvaartsbetalings staat te maak as om produktief te wees. Hy het ook bereken dat hul bevolkingsgroei teen sy huidige tempo dié van die Duitsers binne ‘n enkele geslag kan oorweldig. Hy stel streng hervormings van die welvaartstelsel voor om dit te verhoed. Die boek het binne die eerste paar dae so ‘n opskudding veroorsaak dat dit reeds ses keer herdruk moes word.

‘Joodse gene’

Verdere olie op die vuur sy onderhoud in Welt am Sonntag waarin Sarrazin beweer het dat “alle Jode ‘n sekere geen in gemeen het net soos wat alle Baske ‘n sekere geen met mekaar deel en wat hulle van ander mense onderskei”. Sarrazin het intussen effens hieroor teruggekrabbel deur te sê dat hy niemand wou irriteer nie, maar het verduidelik dat sy mening oor Jode gegrond was op ‘n berig wat in die Frankfurter Allgemeine Zeitung verskyn het waarin verwys word na ‘n onlangse studie deur Gil Atzmon en ander wat in die American Jounal of Human Genetics gepubliseer is.

Sarrazin is ‘n lid van die links SPD-party en vele van sy medepartylede wil hom nou vanweë sy polities onkorrekte uitsprake laat skors. Hy het egter sy vyande uitgedaag deur te sê: “Ek sal tot my sterwensdag aan die SPD behoort.”

Daar word ook intens gespekuleer dat Sarrazin by sy werk afgedank mag word. Dit sal egter nie so maklik wees aangesien slegs die president van Duitsland in staat is om ‘n raadslid van die Bundesbank af te dank. Tensy die president deur die bank se bestuur oortuig kan word om hom af te dank, kan hy nog tot 2014 in sy pos aanbly.

Die voorsitter van die Bundesbank, Axel Weber, het egter gesê dat Sarrazin “aansienlike skade” aan die organisasie se reputasie aangerig het. Die bank het veral beswaar teen sy uitlatings dat “twintig persent van Berlyn se bevolking oorbodig is. ‘n Groot aantal Arabiere en Turke in hierdie stad, wie se getalle weens verkeerde beleid toegeneem het, het geen produktiewe funksie nie behalwe om groente en vrugte te verkoop.” Volgens Weber moet “elke werknemer homself afvra of die bydrae at hy tot die instelling lewer in werklikheid tot die vooruitgang van daardie instelling bydra of nie.”

Terwyl politici oor die hele politieke spektrum hulself van Sarrazin se menings gedistansieer het, ontvang hy heelwat steun van die publiek en van hoofartikels in Duitsland se invloedrykste koerante.

Die Frankfurter Allgemeine Zeitung verklaar: “Die kanselier en die president… het ‘n bastion van onafhanklikheid in ‘n skoothondjie verander en ‘n boek in ‘n staatskwessie verander. Dis kennelik onmoontlik om meer beskeie in Duitsland te reageer as iemand die feëverhaal aan die kaak stel dat alles wel is met immigrasie en integrasie.

As ‘n martelaar vir meningsvryheid en ‘n hoofgetuie vir aanklagte wat deur breë lae van die sameleweing gemaak word, gaan Sarrazin vir ‘n lang tyd by hulle spook. Ontstoke kommentaar deur diegene soos die minister van binnelandse sake wat beweer dat die probleme wat deur Sarrazin beskryf word reeds lank bekens is, klink na ‘n grap in die ore van baie mense: as die probleme so lank bekend is, waarom is so min gedoen om hulle op te los?”

Die Sudddeutsche Zeitung beweer op sy beurt: “Dit gaan waarskynlik Sarrazin se gewildheid laat toeneem. Die diepte en breedte van die steun wat Sarrasin se argumente in die meningsopnames geniet, maak dit duidelik dat Duitsers regoor die politieke spektrum ongemaklik met die huidige integrasiesituasie voel…”

‘Rassisme’

Die Duitse adjunkkanselier Guido Westerwelle het egter vir Sarrazin daarvan beskuldig dat hy haat opstook. “Opmerkings wat rassisme of selfs anti-Semitisme voed, het geen plek in ons politieke gesprek nie,” het hy gesê.

Nog ‘n lid van die Duitse kabinet, die verdedigingsminister Karl-Theodor zu Guttenberg, meen die bankier “het die grense van provokasie oorgesteek”.

Die Duitse kanselier Angela Merkel het Sarrazin veroordeel vir sy “dom en sinnelose” verklarings.

Maar sy het toegegee dat verbeterings in die onderwysstandaarde van immigrantegemeenskappe nodig is.

“Die sleutel is om die Duitse taal te bemeester. Indien ons dit bevorder en vereis, dan sou diegene wat in Duitsland kom woon enorme geleenthede hê en sou hulle ons lewens verryk,” het sy gesê.светильник потолочныйпрокурор Фильчаков

Man in hof oor Bees Roux se kredietkaart

‘n Man sou vanooggend in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die diefstal van die Blou Bulpeler Bees Roux se kredietkaart, het die polisie gesê.

“Hy is Vrydagaand om 5:45 in hegtenis geneem,” sê Brigadier Mahlomola Manganye, van die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria, Gauteng.

“Dit is nie in verband met die moord nie, maar in verband met die kredietkaart. Hy is die beskuldigde wat die kredietkaart gebruik het,” het Manganye aan die Suid-Afrikaanse Persassosiasie gesê.

“Hy sal na verwagting vanoggend [Maandag] in die hof verskyn.”

Manganye wou nie enige besonderhede gee oor hoe die man opgespoor is nie, en het gesê: “Ons het ‘n paar leidrade gevolg… [maar] ons ondersoek nog.”

Roux het verlede Maandag in die Pretoriase distrikshof verskyn en is borgtog van R100 000 toegestaan nadat hy na bewering ‘n metro-polisieman  op 27 Augustus doodgeslaan het.

Stephanus Jacobus “Bees” Roux het die naweek in die tronk deurgebring ná die moord op die metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale (38).

Tydens sy eerste hofverskyning, het dit geblyk dat Roux se kredietkaart by ‘n McDonald gebruik is toe hy glo in aanhouding was.

Mogale se liggaam is Vrydag om 03:00 in Schoemanstraat, Pretoria, met hoofbeserings gevind. Hy het na wat berig word Roux vroeër vir vermoedelike dronkbestuur van die pad afgetrek.

instagram sponsored appsлобановский александр досье

Regering vergader oor Zim-bedeling

‘n Dringende vergadering om die dokumentasie te bespreek van Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, word vir vandeesweek beplan, het binnelandse sake se woordvoerder Ronnie Mamoepa gister gesê.

Hy het gesê die besonderhede van die vergadering met die verteenwoordigers van Zimbabwiese inwoners in SA sou met verloop van tyd vrygestel word.

“Die vergadering sal hierdie week gehou word. Sedert die aankondiging deur die kabinet dat Zimbabwiërs wat in SA lewe gedokumenteer moet word, het daar ‘n groot mate van verwarring en verkeerde inligting veral van NRO’s en [sogenaamde] immigrasiedeskundiges ontstaan, wat daarop gerig is om verwarring onder Zimbabwiërs in die land te saai,” het hy gesê.

Hy het gemeen die suggestie dat Zimbabwiërs en masse na Zimbabwe sal moet terugkeer om die dokument te bekom, is “ver van die waarheid af”.

Hy het gesê daar is ‘n ooreenkoms tussen Pretoria en Harare dat die Zimbabwiërs die Zimbabwiese ambassade in Pretoria moegt nader of konsulate in Johannesburg of Kaapstad wat hul besonderhede sou afneem.

Die kabinet het Donderdag aangekondig dat ‘n spesiale bedeling vir Zimbabwiërs teruggetrek is.

Die bedeling – wat in April verlede jaar in werking getree het – het aan Zimbabwiërs wat Suid-Afrika binnekom die reg verleen om in die land te woon, werk te soek, ‘n opvoedkundige fasiliteit by te woon en toegang tot basiese gesondheidsorg vir ses maande te bekom.

Die bedeling sou op 31 Desember verval.

Nie-regeringsorganisasies het gesê die besluit om die bedeling op te hef sou tot massadeportasie lei vir diegene wat nie die middele het om die wettige permit te verkry nie.

free slots no deposit ukДанильченко Юрий Брониславович компромат