Volgens Julius Malema, ANC-jeugligaleier, is pres. Jacob Zuma is nie ‘n gedissiplineerde lid van die ANC nie. Malema het Zuma veroordeel omdat hy volhou dat nasionalisering van Suid-Afrika se myne nie ‘n amptelike beleid van die party is nie.
Zuma het verlede naweek die uitgesproke jeugleier in bedwang probber hou deur te maan dat juniorlede van die ANC na seniorlede moet luister. Malema het Dinsdag op Zuma se uitlatings gereageer.
“Ons moet na mense wat hulself leiers van die ANC noem luister, wat die ANC beter as almal van ons ken – wat sê nasionalisering is nie ‘n ANC-beleid nie,” het Malema aan afgevaardigdes by die Mining for Change-konferensie in Sandton gesê.
Dit was ‘n duidelike verwysing na Zuma se herhaaldelike versekeringe dat die jeugliga onderworpe is aan die leiers van die ANC se riglyne.
“Hulle is reg as hulle sê dit is nie die regering se beleid nie. Maar dit is die ANC se beleid en ons wil dit weer van toepassing maak sodat dit ‘n regeringsbeleid word,” het Malema gesê.
