Mediatribunaal kom

Die ANC se voornemens om ‘n mediatribunaal op te rig sal voortgaan  het pres. Jacob Zuma Woensdag in die parlement gesê. Die media is tans besig om sy eie reëls van selfregulering te hersien om die skepping van die tribunaal te probeer verhoed. 

Zuma was egter vasbeslote om met ‘n ondersoek na die moontlikheid van ‘n mediatribunaal voort te gaan.

“Die persraad kan maar sy eie oorsig doen. Die media het in amper ‘n dekade nog nooit selfondersoek gedoen nie, tot die ANC die tribunaal-kwessie geopper het,” het die president gesê.

Die manier waarop die media verskoning maak vir foutiewe beriggewing, lei tot groot ongelukkigheid, het Zuma gesê.

“Wanneer die media sy foute erken, is die verskonings niksseggend. Ons móét die moontlikheid van ‘n tribunaal ondersoek, sodat daar ‘n ander toevlug is as mense nie tevrede is nie.”

Mario Oriani-Ambrosini (IVP) het die Franse filosoof Francois Voltaire se woorde aangehaal in ‘n opvolgvraag: “Net soveel soos wat ek haat wat hulle oor my skryf, soveel sal ek hulle rég om dit te skryf, verdedig.”

Zuma het gelag vir die aanhaling en gesê: “Dit is die agbare lid se demokratiese reg om die media toe te laat om enigiets oor hom te skryf. maar menseregte is vir die ANC baie belangrik en niemand kan ons iets daarvan leer nie.

“Dit is ons plig om na ander se menseregte om te sien en ons sal nie swig voor die media se onregverdige verslaggewing nie.”

игры для детеи 6 летФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae