Verskeie lande wat aan die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan deelneem, sal privaatveiligheidsfirmas betaal vir beskerming, het die Pretoria News berig.
Dié firmas, wat oorlogspesialiste uit Irak en Afganistan in hul diens het, sal gebruik word om die spelers en amptenare te beskerm.
Bronne in die private sekuriteitsbedryf, het gesê sokkerverenigings in Europa én Suid-Amerika het reeds firmas wat voormalige militêre personeel, waarvan sommige spesiale magte is, aangestel om spelers en hul families te beskerm.
Dié firmas sal 24 uur per dag gewapende lyfwagte, koeëlvaste voertuie, advies oor hoe om kapings te voorkom en taakspanne wat ontvoeringsituasies kan hanteer, beskikbaar stel.
Ontvoeringsverskering sal ook deur sommige firmas aangebied word, lui die berig.
Dié onthullings is gemaak te midde van vrese dat daar “gapings in die sekuriteit” wat deur organiseerders voorsien word, kan wees.
Verskeie sokkerverenigings van regoor die wêreld en senior figure in internasionale administratiewe sokkerkringe het hul kommer uitgespreek. Hul bekommernis word deur beweerde glipse in sekuriteit by verlede jaar se Konfederasiebeke gevoed, wat as ‘n toets vir 2010 gesien is.

President Jacob Zuma was Saterdag in Nongoma, KwaZulu-Natal, waar duisende mense die ritueel ter ere van koning Goodwill Zwelithini aanskou het. ’n Bul is deur 30 Zoeloekrygers, tussen die ouderdomme van 16 en 19 jaar, met hul kaal hande doodgemaak.
Joernaliste, skrywers, aktiviste vir Afrikaans en gewone Afrikaners gaan môre Saterdag 5 Desember vanaf 16.00 in die “Colonial Room” (ironiese benaming!) by Markspark in Johannesburg byeenkom om hulde aan die ontslape joernalis Chris Louw te bring. RSG, Beeld, praag.co.za en ander publikasies en media sal daar verteenwoordig wees.