Baanbrekende sonkragvliegtuig maak kort vlug

Die prototipe van Solar Impulse, ‘n baanbrekende Switserse poging om om die wêreld op sonkrag te vlieg, het gister kortliks vir die eerste keer onder batterykrag opgestyg, sê die organiseerders.

Die hoë-tegnologie enkelsitplektuig met die vlerkspan van ‘n Airbus A340 passasierstraler, 63,4 meter, het ‘n beheerde 400-meter vlug omtrent ‘n meter bo die aanloopbaan by Duebendorf lugmagbasis naby die Switserse stad Zürich gemaak, sê medestigters Bertrand Piccard en André Borschberg.

“Nog nooit het ‘n vliegtuig soos dié een gevlieg nie, en dis uitsonderlik, want dit is ‘n gebied van vlug wat tot dusver nie ondersoek is nie,” het Borschberg, die uitvoerende hoof van Solar Impulse gesê.

“Dit was baie belangrik om te sien of dit sou opstyg en op watter manier ons dit stabiel kan hou,” het hy bygevoeg.

Ten spyte van sy vlerkspan weg die vliegtuig net 1,600 kilogram, omtrent soveel soos ‘n middelslag motor.

Hoewel die prototipe uitgerus is vir sonkragvlug, is die vier elektriese motore vir die geleentheid deur batterye aangedryf.

‘n Eerste ononderbroke 36-uur vlug in die donker in Switserland word vir die lente van 2010 beplan, met die vooruitsig van ‘n vyffasevlug rondom die wêreld in 2012.

 

системы освещенияЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae