‘n Manlike selfmoordbomdraer wat soos ‘n vrou aangetrek is, het gister in ‘n klein deeltjie van die hoofstad wat nog onder regeringsbeheer is, ‘n gradeplegtigheid aangeval en 22 mense gedood, insluitende drie kabinetsministers, dokters en mediese studente.
Die aanval is ‘n ernstige terugslag vir ‘n land wat geteister word deur oorlog, en het die regering se slap greep op selfs dié klein area van Mogadisjoe onderstreep. Vredestroepe van die Afrika Unie wat die regering beskerm, is elke dag in gevegte met Islamitiese militantes wat groot dele van sentraal en suidelike Somalië onder beheer het, en wat so astrant in die hoofstad optree dat hulle openbare teregstellings uitvoer.
“Wat vandag gebeur het, is ‘n nasionale ramp,” het Somalië se minister van inligting, Dahir Mohamud Gelle, gesê. Hy het bevestig dat die minister van onderwys, hoër onderwys en gesondheid in die ontploffing gesterf het. Die ministers van sport en toerisme is in die aanval in die Shamo Hotel gewond, het hy gesê.
Die aanvallers het een van Somalië se belangrikste pogings om hulleself uit die anargie en geweld te sleep, getref, en dit verduidelik die teenwoordigheid van soveel hooggeplaaste regeringsamptenare. Die voormalige mediese studente was onder die gegradueerdes wat uit maar net die tweede klas wat diplomas van die mediese skool ontvang het.
Die eerste klas het ‘n jaar gelede gegradueer. Voor dit was dit amper twee dekades sedert enige iemand deurgekom en ‘n mediese graad in Somalië ontvang het.
