Gemaskerde oproermakers het klappers en klippe na polisielede gegooi tydens ‘n gewelddadige optog wat Sondag is Athene plaasgevind het.
Die optog het plaasgevind om die dood van ‘n tiener wat deur polisie doodgeskiet is, vir die eerste maal te herdenk. Dé skietvoorval het ‘n jaar gelede tot reusagtige en gewelddadige optogte gelei.
Polisie moes traangas gebruik om die skare, wat die vensters van banke uitgeslaan het, asblikke omgegooi het en klippe en klappers na die hul gegooi het, uitmekaar te jaag.
Minstens 48 mense is in hegtenis geneem en nog 50 is in die stad Thessaloniki, waar soortgelyke optogte plaasgevind het, gevang.
Duisende mense het aan die optog deel geneem om die dood van Alexandros Grigoropoulos (15) te herdenk.
Jeugdiges het vir twee weke lank die strate van stede in Griekeland op hol gehad ná Grigoropoulos se dood.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.