‘n Suid-Afrikaanse diplomaat in die DRK is ernstig gewond, het die departement van internasionale verhoudinge bekendgemaak.
“Ek kan bevestig dat ‘n Suid-Afrikaanse vrou in die Demokratiese Republiek van Kongo geskiet was. Sy het die presidensiële area in ‘n motor verlaat, toe sy die voorval plaasgevind het,” het Saul Molobi, ‘n woordvoerder gesê.
“Sy is tans in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.”
Volgens hom is planne reeds van stapel gestuur om die vrou terug na Suid-Afrika te vlieg, sodat sy verdere mediese behandeling kan kry.
“Nietemin wag die departement steeds op ‘n polisie verslag, en is ons nog nie seker of enige persone in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie,” het Molobi gesê.
“Ons sukkel ook om haar familie in die hande te kry, en kan dus nie haar identiteit bekend maak nie.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.