Swapo wen loshande

Swapo, Namibië se regerende party, het sy vyfde agtereenvolgende oorwinning in die land se verkiesings behaal.

President Hifikepunye Pohamba het vir homself ‘n tweede vyf jaar lange termyn verseker met 76% van die stemme in die presidensiële verkiesing.

Swapo het 74% van die stemme in die parlementêre verkiesing gekry, terwyl die jong RDP-party 11.4% behaal het, het die land se verkiesingskommissie, ECN, Vrydag gesê.

Leier van die opposisie, Hidipo Hamutenya, het 10% van die stemme in die presidensiële verkiesing verwerf.

Die RDP beweer egter daar is met die uitslae gepeuter. Hulle meen die stadige tempo waarteen die uitslae getel is, is verdag.

Die RDP en sewe ander partye het onderneem om geregtelike stappe teen die ECN te neem.

Die ECN sê dat die telproses lank geneem het omdat die kommissie wou seker maak dat dit korrek was.

 

слюнявчики для детей купитьДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae