‘n Poging deur een van Osama bin Laden se seuns om Brittanje te besoek, is gister deur ‘n immigrasietribunaal verwerp te midde van vrae oor sy beoogde huwelik met ‘n Britse vrou en sy houding teenoor sy pa.
Omar bin Laden, 28, het in April 2008 sy appèl teen Brittanje se weiering om hom toe te laat om daarheen met die Brits-gebore Zaina Alsabah, met wie hy beweer hy in sy tuisland van Saoedi-Arabië in 2007 getroud is, verloor.
Die adjunk-president van die asiel- en immigrasietribunaal, Mark Ockelton, sê hulle egverbinding “was nie as geldig onder Engelse wet beskou nie,” deels omdat albei destyds met ander mense getroud was.
Ockelton het bygevoeg dat hy “nie tevrede was” dat die paartjie, wat in September 2006 ontmoet het, enige bedoeling gehad het om saam te woon nie.
In hulle verwerping van Omar se aansoek, verlede jaar, het Britse owerhede in Egipte, waar die paartjie gewoon het, sy “voortgaande lojaliteit” teenoor sy pa as een rede aangevoer en gesê sy teenwoordigheid in Brittanje sal “publieke kommer” veroorsaak.
Ockelton sê ‘n persoon se ouers behoort nie teen hulle te tel wanneer daar besluit word of hulle tot Brittanje toegelaat moet word nie, maar sê Omar se siening dat sy pa nie ‘n terroris is nie “mag kommer veroorsaak.”
“Dit kom vir my voor of die teenwoordigheid in die Verenigde Koninkryk van ‘n persoon wat nou verbind is aan Osama bin Laden, en die standpunte uitspreek wat die aansoekdoener uitspreek, waarskynlik openbare ongerustheid en moontlik openbare onrus sal veroorsaak,” sê hy.
Omar is die vierde van 11 kinders van sy pa se eerste vrou en is na bewering een van 19 wat verwek is deur die man wat verantwoordelikheid aanvaar het vir die 11de September 2001 se aanvalle op die Verenigde State. Hy beweer hy het sy pa nog nie weer sedert 2000 gesien nie.
Zaina, voorheen bekend as Jane Felix-Browne, is ‘n Moslem wat al ten minste vyf keer tevore getroud was, het die tribunaal se beslissing gesê.
