Dit bring die aantal regeringsamptenare wat bedrog met die behuising-subsidieskema gepleeg het op 220 te staan. Die department het in Mei vanjaar begin met 'n inisiatief om mense te vervolg en staatskuld te herwin.
Vier-en-tagtig staatsamptenare wat daarvan beskuldig word dat hulle die staat met miljoene rande in behuisingsubsidies bedrieg het, gaan na verwagting in Oktober in howe regoor die land verskyn.
Dit bring die aantal regeringsamptenare wat bedrog met die behuising-subsidieskema gepleeg het op 220 te staan. Die department het in Mei vanjaar begin met 'n inisiatief om mense te vervolg en staatskuld te herwin.
15:16:12 Brasilië se President Luiz Inacio Lula da Silva het Vrydag woedend teen die ryk lande uitgevaar en sê die huidige globale finansiele krisis is te wyte aan Westerse skynheiligheid. Da Silva is tans op 'n staatsbesoek aan Mosambiek.
Hy het in Maputo gesê ryk lande het die laaste dekades ander lande daarvan oortuig om hulle ekonomiese- en finansiele sake beter te bestuur, maar het jammerlik in die bestuur van hulle eie sake gefaal.
Da Silva sê die huidige finansiele krisis is te wyte aan die onverantwoordelikheid van die ryk lande, wat in die dekades van die 80's- en 90's al hulle tyd daaraan bestee het om andere op te lei om hulle lande te administreer sonder om na die administrasie van hulle eie lande om te sien.
Hy stel 'n nuwe globale ekonomiese- en handelsorde voor wat deur arm- en ontwikkelende lande gelei moet word om die Westerse modelle teen te werk. Da Silva sê dit is hoog tyd dat almal moet besef dat die sogenaamde Suidelike-groep 'n nuwe ekonomiese- en handelslogika in die wêreld tot stand moet bring.
Daar kan nie langer op die Westerse lande staatgemaak word nie.
Die Europese Unie het n plan bedink soortgelyk aan Hendrik Verwoerd se tuislandontwikkeling. Dit gaan gepaard met veel strenger instromingsbeheer na EU-lande.
Die Europese Unie het verlede week beheer oor onwettige immigrasie verskerp deur vir die eerste keer 'n kantoor in Afrika op te rig, die eerste van vele beplande sentra van waar dit gaan poog om die migrasievloed na Europa te stuit.
Louis Michel, die EU se ontwikkelingskommissaries, het na Bamako, die hoofstad van Mali en een van die armste lande ter wêreld, vertrek en het 'n loodsprogram onthul om swartmense vanuit Afrika te ontmoedig om al die gevaarlike roetes na Europa te neem.
Die sentrum baan die weg vir beter bestuur van die migrasiepatrone," het Michel gesê. Pleks van die migrasieverskynsel te demoniseer, behoort dit geondersteun, gestruktureer en optimaal bestuur te word."
Mali is 'n bymekaarkomplek vir tienduisende swartes uit Afrika wat poog om elke jaar onwettig na Europa te gaan deur aan die Weskus van Afrika op bote na Spanje se Kanarie-eilande te klim. Vele van hulle sterf onderweg.
Mali is die wêreld se vyfste armste land en 'n beraamde vier miljoen van sy 12 miljoen inwoners leef buite die land.
Benewens die stuit van instroming na die EU, gaan die nuwe sentrum in Bamako ook funksioneer as ontvangspunt vir onwettige immigrante wat teruggekeer het of wat na Afrika gedeporteer is, asook 'n verwerkingsentrum vir wettige immigrante, baie soortgelyk aan die Bantoe-administrasie wat voorheen in Suid-Afrika toegepas is.
Die doelwit is dat individuele EU-lande, byvoorbeeld Frankryk en Spanje, die sentrum sal gebruik om seisoenwerk aan tydelike wettige immigrante te verskaf.
Die kommissie hoop dat die Mali-projek die eerste van 'n netwerk van Europese migrasiesentra dwarsoor Wes-Afrika sal word. Maar hulpwerkers en NRO's is skepties dat daar aan Afrika-verwagtinge oor werksaanbiedinge en indiensnemingsentra voldoen sal word.
Die Vereniging van Maliese Gedeporteerdes, 'n hulporganisasie vir teruggekeerde immigrante, het gekla dat die nuwe sentrum opgerig word om die EU se grense teen onwettige immigrasie te verterk en om die doeltreffender uitsetting van immigrante uit Europa te vergemaklik.
12:33:49 Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit (EDM) in Nelspruit het besluit dat blankes nie meer toegelaat sal word om met die raad besigheid te doen nie. ‘n Rasseoproer is in Mpumalanga se hoofstad op pad nadat dié besluit verledeweek op ‘n lekgotla geneem is deur senior bestuurders in die raad.
Die lekgotla is gelei deur Hugh Mbatha, die munisipale bestuurder en is bygewoon deur lede van die burgemeesterskomitee.
Die besluit is amptelik verwoord soos volg: “Stop die aanstelling van blanke konsultante, kontrakteurs en enige ander diensverskaffers en bemagtig die swart konsultante, kontrakteurs en ander sakemanne.”
Volgens dokumente in besit van die verslaggewers, word die besluit geregverdig op grond van die implementasie van die regering se beleid en riglyne vir “breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging” (BBSEB).
Gravett Herbst, leier van die DA koukus in die EDM, sê dit is ‘n rassistiese besluit en verteenwoordig uiterste diskriminasie teen blankes.
Toe daar gevra is oor die besluit, is aan die verslaggewer gesê dat daar eers oor die saak besluit sal moet word. Caswell Maluleke, de speaker van die raad, het gesê dat hy nie bewus was van so 'n besluit deur die raad se senior bestuurders nie.
Maluleke het gesê die raad het tans geen beleid wat blankes uitsluit nie. So ‘n besluit moet eers deur die volle burgemeesterskomitee oorweeg word, waarna ‘n besluit geneem moet word oor die lewensvatbaarheid daarvan, waarna dit ter tafel gelê moet word op ‘n volle raadsvergadering.
Herbst het gesê die besluit is ‘n eensydige saak wat deur ‘n paar mense met verskuilde agendas bestuur word. Die DA gaan aandring dat beamptes nie die besluit deurvoer alvorens dit deur die hele raad ondersoek is nie.
11:09:01 Ná maandelange konsultasie het Indonisiese wetgewers besluit dat bikini’s aanvaarbare drag is op strande in die hoofsaaklik Moslem-land, het ‘n LP Vrydag gesê.
Dié skuif bring ‘n sug van verligting van die winsgewende toerismebedryf, wat kommer uitgespreek het oor ‘n nuwe teenpornografiewet wat deur die konserwatiewe Moslems deurgedruk sou word.
Husein Abdul Azis, ‘n demokratiese regeringsbeampte, het gesê dat toeriste bikini’s mag dra in sekere toeriste areas, soos Bali, sodat die toerismebedryf nie skade moet lei nie.
Hy het bygevoeg dat hulle luister na die mense se besware, en ook na aandeelhouers in die bedryf, met verwysing na vrese dat toerisme sal skade lei as die dra van bikini’s gekriminaliseer word.
Indonesië het 2008 as die “besoek Indonesië”-jaar verklaar, in die hoop om 7 miljoen besoekers te lok, en om sowat 6,7 miljard dollar in buitelandse valuta te verdien. Die huidige aanduidings is dat die teiken waarskynlik nie behaal sal word nie.
Politici, kunstenaars, menseregte-aktiviste en toeriste-entrepreneurs op die grootliks Hindoe-eilandBali, die hooftoeristeaantreklikheid, het almal beloof om die wette teen te gaan indien die teenpornografiewetgewing ingestel sou word.
Azis, ‘n lid van die komitee wat die wetgewing moet opstel, sê groot veranderinge is gemaak aan ‘n vroeër weergawe van die wetgewing om probleme uit te stryk. Die wet kan dalk al teen die einde van die maand deurgevoer word.
10:41:11 Meer as 40 vrouebetogers het buite die hotel saamgedrom waar Zimbabwiese leiers vergader het en gesweer dat hulle nie sou vertrek voordat hulle 'n ooreenkoms bereik nie.
"Geen ooreenkoms. Geen uitgang," het een plakkaat gelui. Nog een het verklaar: "Zimbabwe is honger. Ons wil vandag 'n kabinet hê." In Bulawayo het die organiseerders van 'n betoging deur 'n vrouegroep gesê dat die polisie twee van hul leiers in hegtenis geneem het en die ander betogers uiteengejaag het deur hulle met stokke te slaan.
'n Woordvoerder vir die nasionale polisiediens het nie op versoeke om kommentaar op die voorval in Zimbabwe se naasgrootste stad, Bulawayo, gereageer nie.
Die betogers het 'n verklaring van die "Vroue van Zimbabwe staan op"-beweging by hulle gehad waarin politici van leë beloftes sedert die ooreenkoms van 15 September beskuldig word.
"Hoeveel meer Zimbabwiërs moet sterf voor u optree?" het die verklaring gelui. "Dié is 'n nasionale ramp en ons eis kos vir alle Zimbabwiërs nou."
Die VN beraam dat 45 persent van Zimbabwe se bevolking, of 5,1 miljoen mense, voedselhulp teen vroeg in 2009 nodig sal hê.
Die vrouegroep het gesê dat terwyl omtrent 200 van sy lede buite regeringskantore gewag het op amptenare om hulle te woord te kom staan, het die onluspolisie aangekom en die leidsters Jenni Williams en Magodonga Mahlangu in hegtenis geneem en die ander betogers met geweld uitmekaar gejaag.
Die vrouegroep het gesê dat ten minste een betoger agterna mediese sorg nodig gehad het.
Die polisie onderdruk gereeld betogings deur groepe wat krities teenoor die regering staan. Williams en Mahlangu is vir vyf weke tronk toe gestuur vanjaar ná hul arrestasie tydens 'n vreedsame betoging in die hoofstad.
Die wêreldwye finasiële krisis kan Suid-Afrika se ekonomie "ten sterkste benadeel" en die land dwing om groeivooruitskattings aan te pas, sê Jacob Zuma.
"Suid-Afrika het sover nog nie in aanraking gekom met die globale finansiële krisis nie," het Zuma Donderdag gesê.
Minister van Finansies, Trevor Manuel, het vroeër gewaarsku dat hoër uitleenkoerse en 'n swakker rand Suid-Afrika se infrastruktuurdoelwitte vir die Sokkerwêreldbeker in die wiele kan ry.
Robert Gates, die VSA se sekretaris van Verdediging, het Donderdag begin om politici op Capitol Hill in te lig oor die voorlopige ooreenkoms om alle Amerikaanse troepe in Irak teen 2011 te onttrek.
Die VSA en Irak onderhandel reeds maande lank oor 'n veiligheidsooreenkoms vir die ontruiming wanneer die VN se mandaat wat aan die VSA se magte toegestaan is, verval.
Een van die kwessies wat ter sprake gekom het by die voorstelle oor die troepeonttrekking is of die VSA onderworpe sal wees aan Irakse wetgewing soos die Irakse eerste minister vereis. Daar is klaarblyklik egter min Irakse wetlike vereistes ingesluit in die voorlopige ooreenkoms.
Barack Obama het belowe om Amerikaanse troepe binne 16 maande te onttrek, terwyl McCain homself nie wou verbind aan enige spertyd nie.
09:51:46 Die Franse regering is besig met 'n veldtog om Arabies en Arabiese kultuur in skole te bevorder. Vroeër hierdie maand is 'n konferensie in die Franse Nasionale Vergadering gehou waar die voordele van die aanleer van Arabies belig is.
"Ons moet in die taal belê om te wys dit simboliseer uitruil, oopheid en verdraagsaamheid en dit dra een van die wêreld se oudste en mees roemryke beskawings," het hy gesê. Sarkozy het sy gehoor daaraan herinner dat Frankryk die meeste Moslems huisves en dat Islam die tweede grootste godsdiens verteenwoordig.
Hy het die vooruitgang in "diversiteit" in Frankryk geloof en verwys na die groei in Moslembegraafplase, die opleidings van Imams en die aanstelling van regeringsministers met verskillende agtergronde.
Hy het Frankryk as 'n vriend van Arabiessprekende lande beskryf en gesê sy land wil nie 'n botsing tussen die Ooste en Weste sien nie. Hy het weereens klem geplaas op die gemeenskaplike doelwitte wat die lande om die Meditereense See moet nastreef.
09:34:13 Tim Modise, die woordvoerder vir die 2010-wêreldsokkerbeker se organiseringskomitee, het bedank, het Fifa Vrydag bekend gemaak. Hy gaan die einde van die maand klaarmaak en terugkeer na die uitsaaiwese.
Volgens Modise het hy ‘n interessante, verrykende ondervinding gehad, maar hy gaan nou terug na die uitsaaiwese en ook om sy ander sakebelange te bestuur.
Die plaaslike organiseringskomitee se hoofuitvoerendebeampte, Danny Jordaan, het gesê die komitee respekteer Modise se besluit en het bygevoeg dat hy baie groot bydraes tot die projek gemaak het.