VSA probeer burgerlike sterftes in Afghanistan bekamp

Die bevelvoerder van Amerikaanse en NAVO-troepe in Afghanistan het nuwe reëls bekendgemaak nadat spesmagte in ‘n reeks mislukte operasies die lewens van talle burgerlikes geëis het.

Twee verwagtende vroue en ‘n tienermeisie is onlangs in ‘n nagaanval gedood deur Amerikaanse spesiale magte.

Generaal Stanley McChrystal het toegegee dat troepe wat aan verskillende bevelstukture onderworpe is, soms in mekaar se pad kom.

Hy het aan The New York Times gesê almal probeer hul bes, maar dikwels is die uitkoms nie die gewensde een nie.

Die meeste spesiale troepe sal voortaan onder dieselfde beheer staan. Hy sal ook die verantwoordelikheid aanvaar vir missies wat tot burgerlike sterftes lei.

NAVO meen Generaal McChrystal se inisiatief sal tot beter koördinasie lei.

Generaal David Petraeus was tot op hede die bevelvoerder van die spesmagte wat hulle skuldig gemaak het aan die ergste vergrype.

Die nuwe reëls sal slegs op militêre personeel van toepassing wees.

Die CIA sal, soos voorheen, direk aan Langley in Virginia, die VSA-hoofkantoor van die organisasie, rapporteer.

круглые светодиодные люстрыФильчаков прокурор отзывы

Missielaanval eis ses in Pakistan

Intelligensie amptenare in Pakistan het gesê dat ‘n vermeende Amerikaanse missielaanval die lewens van minstens ses mense in noordwes Pakistan geëis het.

Volgens amptenare is ‘n onbekende hoeveelheid mense ook in Dinsdag se aanval in die noordelike deel van die Waziristanprovinsie beseer.

Die CIA het millitêre dele in Pakistan herhaaldelik sedert Desember geteiken nadat ‘n selfmoordbomaanvaller sewe CIA-lede in Afganistan vermoor het.

Die amptenare het op voorwaarde van anonimiteit gepraat, aangesien hulle nie toegelaat word om met die media te praat nie.

игрушка интернет магазинtopcargo кидалы

Misdaad in Haïti neem drasties toe

Twee polisiemanne is Dinsdag deur gewapende mans in die Haïtiese hoofstad Port-au-Prince doodgeskiet terwyl misdaad in dié stad toeneem nadat ‘n aardbewing die armoedige eilanddeel twee maande terug getref het.

“Die twee polisiemanne, wat in gewone klere was, was in ‘n voertuig toe hulle deur gewapende mans geskiet is wat daarna van die toneel gevlug het,” het ‘n polisiebeampte aan AFP vertel.

Volgens die polisiebeampte is ‘n ondersoek geloods.

Misdaad in Haïti neem drasties toe. Twee humanitêre werkers is verlede week ontvoer en twee mans is Maandag doodgeskiet.

Volgens die VSA is vier Amerikaanse burgers ook in die Haïtiese hoofstad vermoor.

Tydens 12 Januarie se aardbewing het sowat 4 000 gevangenes uit die hooftronk ontsnap.

Daar word beweer dat hulle in ‘n nabye agterbuurt wegkruip.

каркасные бани фотоДанильченко Харьков

Redakteur se moordenaars vas

Drie verdagtes is in Nigerië in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n redakteur van die Guardian-koerant.

“Die drie verdagtes is Maandag gearresteer vir die moord op Bayo Ohu,” het Frank Mba, ‘n polisiewoordvoerder in Lagos gesê.

Hy het gesê die verdagtes het erken dat hulle by die moord op 20 September betrokke was. Ohu se skootrekenaar en selfoon wat op die dag gesteel was, is in hul besit gevind.

Ohu, ‘n 45-jarige assistant-nuusredakteur, was deur gewapende mans in die noordelike gebied van Egbeda geskiet, terwyl hy gereed gemaak het om ‘n kerkdiens by te woon. Die joernalis is verskeie kere geskiet nadat hy sy voordeur oopgemaak het.

Godwin Agbroko en Abayomi Ogundeji, twee senior joernaliste wat by ThisDay blad werk, is in 2006 en 2008 in soortgelyke voorvalle geskiet.

игр дла девочоктопкарго развод

GHA verheug oor taaluitspraak

Mnr Cerneels Lourens, ʼn prokureur van Brits, het ‘n belangrike grondwetsaak in die hooggeregshof teen die owerheid gewen. Die saak het gehandel oor die owerheid se nalatigheid en versuim om ‘n taalwet daar te stel wat ál die amptlike tale in die land moet beskerm.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans is saam met mnr. Lourens verheug oor die uitspraak wat Regter Ben du Plessis in die Hooggeregshof gelewer het. In sy uitspraak het Regter Du Plessis mnr Lourens gelyk gegee dat die owerheid ʼn taalwet moet promulgeer  wat die tale van alle minderheidsgroepe in Suid-Afrika in terme van die grondwet moet beskerm. Hy het voorts die minister van kuns en kultuur opdrag gegee om sonder versuim aandag aan die saak te gee en hom versoek dat die taalwet binne twee jaar vanaf hierdie datum in plek moet wees.

Of die minister in staat sal wees of die politieke wil sal hê om so ‘n wet daar te stel en te implimenteer, moet nog gesien word. Tans regeer die owerheid op ʼn outokratiese wyse en beskou homself verhewe bo die RSA-grondwet maar terselfdertyd verwag hy onregmatig van sy onderdane om die grondwet te gehoorsaam en gebruik sy magte in terme van die grondwet om bv. Afrikaans op skool- en universiteitsvlakke ter wille van Engels te elimineer. Talle hofsake om die voortbestaan van Afrikaans is bewys hiervan.

Na hierdie waterskeidingshofuitspraak  versoek die GHA die owerheid om Afrikaans en ander tale van minderheidsgroepe langs Engels gelyk te beregtig op die vlak van onderwys, die regstelsel, staatsdepartemente en plaaslike owerhede.

Ten slotte sê die GHA aan die owerheid dat Afrikaans lank reeds as ʼn wêreldtaal erken word op die grond van die prestasies van Afrikaanssprekende wetenskaplikes en letterkundiges. Feitlik daagliks word hierdie prestasies op hierdie terreine in ander wêreldtale soos bv. Engels en Frans vertaal en wêreldwyd versprei. Die GHA versoek dus die Owerheid om hierdie hoë status van Afrikaans in die toekoms te erken en te eerbiedig.

измена супружескаяОлександр Васильович Фільчаков

‘SA se paaie die gevaarlikste’

Die paaie in Suid-Afrika is vinnig besig om bekend te word as die gevaarlikste ter wêreld, het die Automobiel-Assosiasie Dinsdag gesê.

In ‘n verklaring het die AA die hoë ongeluksyfer aan swak wetstoepassing, swak paaie en roekelose bestuur toegeskryf.

“Suid-Afrika se paaie is vinnig besig om die reputasie van die gevaarlikste paaie ter wêreld te kry,” het Gary Ronald van die AA gesê.

“Die ekwivalent van tien skole se leerders sterf jaarliks op Suid-Afrika se paaie. Dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan die toestande van die paaie en die padwaardigheid van die motors, maar meer nog die houding van die padgebruiker.”

Ronald het gesê daar is ‘n aantal voorbeelde van roekelose gedrag onder taxi’s, maar ander padgebruikers is ook skuldig as dit kom by dronkbestuur.

детский велосипедФільчаков прокурор

Die koste van plaasaanvalle

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SAKHN) het Dinsdag gewaarsku dat plaasaanvalle voedselsekuriteit bedreig.

Elke plaasaanval se koste aan die land se ekonomie word konserwatief geraam op sowat R1,9 miljoen per jaar.

Die organisasie het in ’n verklaring gesê indien die plaas se produktiwiteit net tydelik beïnvloed word, beloop die verlies aan die bruto nasionale produk (BNP) meer as R160 000 per maand.

Tussen 1997 en 2007 is 1 248 moorde landwyd op plase gepleeg. Die meeste van die slagoffers was volgens die polisie plaaswerkers.

Die SAKHN sê gegrond op die 3,22% wat die landbou in 2009 tot die land se groeisyfer bygedra het en met die 39 982 plase wat daar in 2007 was, kos plaasaanvalle die land jaarliks sowat R1 932 869 per plaas wat daardeur geraak word.

Die organisasie meen hulle berekening is ’n konserwatiewe een, omdat die grootte van plase en hul produksievermoë uitgesluit is.

Ook die plaaslike voedselbedryf, die sektor se vermoë om internasionaal mededingend te wees en die verskillende soorte plase en boerderybedrywe word nie in ag geneem nie.

освещение лестницы светодиодной лентойФильчаков прокурор отзывы

Zuma-vroue kos meer as R15miljoen

Die begroting vir pres. Jacob Zuma se vroue se staatsvoordele het verlede jaar byna verdubbel en staan nou op R15,517,500 vir 2010.

Dit is in Collins Chabane, minister in die presidensie, se antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die DA onthul.

In die 2008/09 finansiële jaar toe Kgalema Motlanthe vir Thabo Mbeki as president opgevolg het, was dié voordele R8,076,709.

Die voordele dek die koste om ‘n persoonlike sekretaresse en ‘n navorser aan te stel om die president se vroue in projekte wat verband hou met werk van die regering, te help.

Zuma se eerste vrou, Sizakele Zuma, is betrokke by projekte in landbou, sy tweede vrou Nompumelelo Zuma help weeskinders en kwesbare kinders en Thobeka Madiba is betrokke by gemeenskapsgesondheid.

Die presidensie betaal ook vir skootrekenaars en selfone vir die president se vroue en hul personeel en hulle kry ‘n spesiale toelaag vir uitgawes tydens amptelike besoeke.

Chabane het bevestig dat die presidensie koste en voordele dek wat verband hou met die president se kinders of hulle binne of buite die huwelik gebore is of nie.

как называется доска с парусомОлександр Васильович Фільчаков

ANC kom nie grondwet oor taal na nie

Die nasionale regering het tans geen gekoördineerde taalbeleid wat sy gebruik van die amptelike tale reël en monitor nie, het regter Ben du Plessis het in die hooggeregshof in Pretoria verklaar.

Die hof kan nie egter voorskryf hoe dit gedoen behoort te word nie.

In ‘n uitspraak Dinsdag is die minister van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie gelas om dié grondwetlike plig binne twee jaar na te kom.

Die uitspraak kom nadat ‘n prokureur van Brits, Cerneels Lourens, ‘n hofaansoek teen die regering ingedien het.

Adv. Quintus Pelser SC, het namens Lourens opgetree.

Lourens het in 2008 ’n brief in Afrikaans aan die betrokke minister geskryf, wat in Engels beantwoord is.

Terwyl die grondwet kragtens art. 6(4) die burger se reg om in sy eie taal deur die staat bedien te word, voorskryf, word Lourens dié reg ontsê.

Lourens het in sy aansoek ook gevra dat ‘n nasionale taalwet binne 12 maande gepromulgeer word, maar die regter het dit afgewys aangesien dit nie ‘n grondwetlike vereiste is nie

Flip Buys, uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit het aan Beeld gesê dit is “die grootste oorwinning vir Suid-Afrika se tale sedert 1994”.

ресивер воздушный вертикальныйФільчаков Олександр Васильович

Zuma vir ‘n tweede termyn?

President Jacob Zuma het gesê hy sal nooit sy organisasie uitdaag as hulle hom vir ’n tweede termyn as die president van die ANC nomineer nie, het Business Day Dinsdag berig.

“Ek het nog nooit die ANC uitgetart nie. Die ANC word altyd van my volgende stap ingelig,” het Zuma geantwoord op ‘n vraag of hy as die leier van die ANC sal aanbly indien die party se liggame hom vir ‘n tweede termyn nomineer.

Zuma het bygevoeg dat hy eerder nie wil bespiegel oor hoekom daar reeds ‘n stryery oor sy opvolger woed nie.

Hy het dié wat “ondergrondse” veldtogte wil stig, gewaarsku dat hulle uitgesnuffel sal word.

Ná afloop van die afgelope naweek se vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee, heers daar glo kommer oor die party se opvolger wat in 2012 sal oorneem.

you play gamestopcargo